• Tuisblad
  • Howe
  • Regter in Fishrot-saak is onbevoeg, sê Shanghala
Sacky Shangala
Sacky Shangala

Regter in Fishrot-saak is onbevoeg, sê Shanghala

Hoofverhoor bly op ys
Twee van die Fishrot-beskuldigdes het 'n versoek aan die hooggeregshof gerig dat regter Moses Chinhengo aan hul saak onttrek moet word.
Rita Kakelo
Die voormalige minister van justisie en Fishrot-beskuldigde, Sacky Shanghala, meen hul regter, Moses Chinhengo, is onbevoeg.

Dit volg nadat Chinhengo ’n aansoek om verlof tot appèl net meer as ’n week gelede van die hand gewys het in verband met sy weiering om homself aan die Fishrot-verhoor te onttrek.

Shanghala, wat as ’n prokureur gekwalifiseer het, beoog om Chinhengo na die hooggeregshof te sleep om hom van die saak te laat verwyder.

Hy wil hê die hooggeregshof moet sewe vrae beantwoord wat verband hou met Chinhengo se betrokkenheid by die verhoor. Shanghala bevraagteken onder meer of dit gepas is dat ’n regter voortgaan om die voorsittende regter te wees in ’n verhoor waarin hy versoek is om homself aan die saak te onttrek en ’n petisie in dié verband by die hooggeregshof ingedien is.

Shanghala en sy medebeskuldigdes, James Hatuikulipi en Pius Mwatulelo, het in Maart gedreig om president Nangolo Mbumba by ’n hofgeding te betrek as hy Chinhengo, wat in Zimbabwe gebore is, se termyn verleng of hom aanstel.

Hulle was van mening dat Chinhengo se aanstelling onwettig was omdat hy nie ’n Namibiër is nie en ook nie as regter in Namibië gedien het toe hy as die voorsittende regter in hul verhoor aangestel is nie.

Hulle is ook warm onder die kraag aangesien Chinhengo 68 jaar oud was toe hy aangestel is – wat oor die aftree-ouderdom vir regters is.

Shanghala het gesê hy wil deur ’n bevoegde en selfversekerde hof aangehoor word, en hy glo Chinhengo voldoen nie aan daardie beskrywing nie.

Hy het dit verlede week tydens ’n hofverskyning gesê nadat hy versoek het dat hul kennisgewing van mosie na die hooggeregshof gestuur word.

Aan die begin van hul verhoor het die regter ’n pleit van onskuldig namens die beskuldigdes aangeteken, ongeag die beskuldigdes se mening dat hulle nie sonder regsverteenwoordigers met die verhoor kon voortgaan nie.

Shanghala het aangevoer dat hierdie besluit inbreuk maak op die beskuldigdes se reg op ’n regverdige verhoor deur 'n onpartydige en bevoegde hof. Intussen vertraag verskeie kwessies die saak voortdurend.

Nigel van Wyk het ’n versoek aan die hooggeregshof gerig dat Chinhengo van die saak onttrek word nadat hy nie toestemming gekry het om te appelleer ingevolge Chinhengo se uitspraak oor sy aansoek om verlof tot appèl nie.

Ná hierdie besluit het Shanghala verder Chinhengo se geloofwaardigheid bevraagteken en gevra of ’n regter in ’n strafsaak nie verplig is om alle verrigtinge in verband met die saak te staak wanneer hulle gevra word om hulself aan die saak te onttrek totdat die kwessie afgehandel is nie.

Die verhoor is tot 5 Julie uitgestel en die beskuldigdes bly in aanhouding.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 12° | 28° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 11° | 24° Otjiwarongo: 10° | 22° Omaruru: 12° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 6° | 20° Henties Bay: 22° | 32° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 12:23, High tide: 06:27, Low Tide: 01:08, High tide: 18:59 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 45km/h, Wind direction: E, Low tide: 12:21, High tide: 06:25, Low Tide: 01:06, High tide: 18:57 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 49km/h, Wind direction: E, Low tide: 12:21, High tide: 06:24, Low Tide: 01:06, High tide: 18:56 Rehoboth: 6° | 21° Mariental: 9° | 21° Keetmanshoop: 11° | 22° Aranos: 8° | 21° Lüderitz: 22° | 32° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 18° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 18° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 12° | 15° Lilongwe: 14° | 24° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 14° | 25° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 9° | 18° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 22° Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.37 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.57 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.71/OZ DOWN -0.0096 | Copper US$ 4.37/lb DOWN -0.0002 | Zinc US$ 2 963.30/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 84.99/BBP UP +0.07% | Platinum US$ 1 012.38/OZ UP +2.97% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 12° | 28° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 11° | 24° Otjiwarongo: 10° | 22° Omaruru: 12° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 6° | 20° Henties Bay: 22° | 32° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 12:23, High tide: 06:27, Low Tide: 01:08, High tide: 18:59 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 45km/h, Wind direction: E, Low tide: 12:21, High tide: 06:25, Low Tide: 01:06, High tide: 18:57 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 49km/h, Wind direction: E, Low tide: 12:21, High tide: 06:24, Low Tide: 01:06, High tide: 18:56 Rehoboth: 6° | 21° Mariental: 9° | 21° Keetmanshoop: 11° | 22° Aranos: 8° | 21° Lüderitz: 22° | 32° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 18° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 18° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 12° | 15° Lilongwe: 14° | 24° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 14° | 25° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 9° | 18° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.37 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.57 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.71/OZ DOWN -0.0096 | Copper US$ 4.37/lb DOWN -0.0002 | Zinc US$ 2 963.30/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 84.99/BBP UP +0.07% | Platinum US$ 1 012.38/OZ UP +2.97%