Marcus Thomas (links voor) en Kevan Townsend (middel links) saam met hul regsverteenwoordigers Salomon Kanyemba (regs voor) en Mbanga Siyomunji (middel regs). Foto Iréne-Mari van der Walt
Marcus Thomas (links voor) en Kevan Townsend (middel links) saam met hul regsverteenwoordigers Salomon Kanyemba (regs voor) en Mbanga Siyomunji (middel regs). Foto Iréne-Mari van der Walt

Regter maak kapsie teen uitrek van saak

Iréne-Mari van der Walt
“Met alle respek, jy het die indruk geskep dat ons die einde van die staat se saak nader. Ek dink ons moet ons gedra asof ons die einde van die staat se saak nader.”

So het regter Christie Liebenberg Donderdag tydens die verhoor van Marcus Thomas en Kevan Townsend aan die staatsaanklaer, Antonia Verhoef, gesê nadat sy versoek het dat die verhoor reeds dié middag vir die week sal afsluit voor dit vroeg in Mei sal hervat

“Die res van die getuies is klaarblyklik minder belangrik tot die staat se saak. Ek wil nie die staat onder druk plaas om getuies agterweë te laat (to abandon witnesses) in die belang van tyd nie,” het hy gesê.

Thomas en Townsend is reeds 12 jaar gelede in Januarie 2011 in hegtenis geneem vir die moord op André Heckmair. Beide het in 2014, bykans nege jaar gelede, vir die eerste keer in die hoërhof verskyn.

Buiten ’n lys van bykans 200 staatsgetuies, is die verhoor ook vertraag deur twee aansoeke vir Liebenberg om homself aan die saak te onttrek en Thomas en Townsend wat verskeie prokureurs laat gaan het.

Verhoef het op Liebenberg se instruksie nog ’n staatsgetuie, hoofinspekteur Barry de Klerk, geroep.

De Klerk het dae ná die beskuldigdes se arrestasie saam met inspekteur Felix Ndikoma gegaan om hul besittings uit die gastehuiskamer waar hulle gebly het, te verwyder.

Hiertydens het die polisie op ’n knaldemper afgekom, wat volgens die getuienisse van ballistiese kenners nooit afgevuur is nie.

Thomas en Townsend staan ook tereg op die onwettige besit van ’n vuurwapen.

De Klerk het getuig oor die ontdekking van die knaldemper asook Thomas se beweerde regsverydeling toe hy glo ’n notaboek in die besit van die polisie gesteel, blaaie uitgeskeur en verbrand het.

Hy het ook getuig oor die inhoud van die vermiste blaaie waarvan daar afskrifte gemaak is voor Thomas na bewering die boek gesteel het.

Verhoef het Vrydag aangedui sy wil nog drie staatsgetuies roep wanneer die verhoor op 8 Mei hervat.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!