• Tuisblad
  • Howe
  • Regter onttrek haar van Amusheleo, Cloete se saak
Die tweemanskap hier regs van hul regsverteenwoordiger, mnr. Kadhilo Amoomo. Foto Namibian Sun
Die tweemanskap hier regs van hul regsverteenwoordiger, mnr. Kadhilo Amoomo. Foto Namibian Sun

Regter onttrek haar van Amusheleo, Cloete se saak

Ronelle Rademeyer
Regter Claudia Claasen het haar vanoggend (Dinsdag) onttrek van die saak waarin die buitelandse valuta-handelaars Michael Amushelelo en Gregory Cloete tereg staan op 365 klagte.

Sy het dit gedoen vanweë haar persoonlike bande met van die getuies in die saak.

Die twee mans word daarvan beskuldig dat hulle 'n Ponzi-skema bedryf het waarin beleggers met beloftes van hoë opbrengste op hul beleggings gelok is.

Amushelelo en Cloete is in Oktober 2019 in hegtenis geneem.

Hulle word gesamentlik aangekla van 348 klagte van bedrog, alternatiewelik diefstal deur valse voorwendsels, enkele klagte van geldwassery, rampokkery, die bedryf van 'n ongemagtigde bankbesigheid en die bedryf van 'n Ponzi-skema, wat 'n oortreding van die Wet op Bankinstellings is, vier klagte van belastingontduiking, en vier klagte van versuim om belasting te betaal.

Hulle regsverteenwoordiger is mnr. Kadhila Amoomo.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!