Regter sê aanklaer in Kennedy-saak bly
Getuies betwis sy verklaring
Die oudlanddros Jaco Kennedy bevraagteken die aanklaer se onpartydigheid.
Die voormalige landdros, Jaco Kennedy, wat tereg staan op onder meer twee klagte van verkragting se aansoek vir Innocentia Nyoni om haarself aan sy strafregtelike verhoor te onttrek, is Vrydag in die hoërhof deur regter Kobus Miller tersyde gestel.
Kennedy meen Nyoni – wat as aanklaer in sy saak dien – sal nie tydens die verhoor onpartydig optree nie en kan selfs as ’n getuie geroep word in verband met ’n klag van regsverydeling teen hom. Die staat het aangedui dat Nyoni nie as ’n getuie in dié saak geroep sal word nie.
Kennedy se regsverteenwoordiger, Milton Engelbrecht, het namens hom aan die hof gesê ’n polisiedossier – wat glo ’n verklaring van een van Kennedy se slagoffers bevat – was in die besit van werknemers by die kantoor van die aanklaer-generaal, insluitend Nyoni.
Die slagoffer het glo in die verklaring erken dat Kennedy haar nie verkrag het nie.
Nyoni se beweerde toegang tot die verklaring het glo daartoe gelei dat Kennedy haar onpartydigheid bevraagteken.
Miller het aangevoer dat die staat reeds verskeie getuies geroep het wat getuig het dat Kennedy se bewering oor die verklaring vals is.
Kennedy beweer ’n aanklaer by die hof in Katutura, Arrie Husselman, het dié verklaring aan hom gegee.
Die getuienis van minstens vyf staatsgetuies – waarvan Husselmann een is – dui daarop dat Husselmann nie die verklaring aan Kennedy verskaf het nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie