Riedel-saak begin byna 6 jaar ná moorde
Die twee mans wat teregstaan op die moord van ’n egpaar op hul plaas in die Gobabis-omgewing en glo hulle huis daarna afgebrand het met hulle liggame steeds binne-in, het gister onskuldig gepleit.
Die moord op die 68-jarige boer, Armin Siegfried Riedel en sy vrou, Brunhild (66), op die plaas Grünfeld naby Gobabis het reeds in Januarie 2018 plaasgevind.
Die beskuldigdes – Bernardus Afrikaner (38) en Salaphual Unaeb (47) – is sewe maande later in hegtenis geneem en hulle verhoor het gister eers begin.
Afrikaner en Unaeb het onskuldig gepleit op die klagte waarop hulle teregstaan, insluitend twee moordklagte, diefstal met verswarende omstandighede, brandstigting en dwarsboming van die gereg.
Klagte van verkragting is ook by die klagstaat gevoeg voor die mans gepleit het.
NADOODSE ONDERSOEK
Die polisie het aanvanklik gedink die brand was weens ’n tragiese ongeluk tot die nadoodse ondersoek gewys het Armin is in die kop geskiet.
Forensiese toetse kon ook bepaal dat die beskuldigdes diesel oor die Riedel-egpaar se liggame gegooi het voor hulle aan die brand gesteek is.
Die staatsaanklaer, Ethel Ndlovu, het gister die staat se eerste twee getuies geroep. Die eerste getuie was dr. Simasiko Kabanje wat die nadoodse ondersoek op Armin uitgevoer het.
Volgens sy getuienis was die lyke onherkenbaar verbrand. Hy kon egter bepaal dat Armin in die kop geskiet is. Hy het ook getuig dat daar geen roet in Armin se longe was nie, wat ’n aanduiding is dat hy reeds dood was voor die huis begin brand het.
GETUIES
Die staat het gister ook sy tweede getuie geroep – inspekteur Bene-Zentas !Hoaseb van die polisie se eenheid vir misdaadondersoeke.
!Hoaseb was verantwoordelik om die misdaadtoneel af te neem en moes verskeie kere na die toneel terugkeer om bykomende foto’s te neem soos getuies na vore gekom het en die polisie meer inligting ingesamel het.
Die fotoplanne wat deur !Hoaseb saamgestel is, is gister tydens verrigtinge deurgegaan en as bewysstukke in die hof aanvaar.
Die saak word in die hoërhof in Windhoek deur regter Naomi Shivute aangehoor en sal na verwagting vandag voortduur. Die twee beskuldigdes is glo familie van mekaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie