Riedel-saak: Details oor ondersoek nou bekend
Die bejaarde Riedel-egpaar wat in Januarie 2018 in hul plaashuis naby Gobabis vermoor is, se dood is aanvanklik nie as ’n moord ondersoek nie.
So het die polisie se hoofondersoekbeampte van die saak en hoof van Gobabis se eenheid vir ernstige misdade, hoofinspekteur Gawie Jantjies, gister in die hoërhof in Windhoek getuig.
Volgens hom was daar aanvanklik nie genoeg bewyse om die voorval as ’n moord te ondersoek nie en het die polisie daarom twee sake van geregtelike doodsondersoeke geopen. Dit het egter verander nadat Jantjies vuilspel begin vermoed het.
Dit was sy ondersoek wat gelei het tot die arrestasie van Bernardus Afrikaner (38) en Salaphual Unaeb (47), sowat sewe maande ná die moorde.
Die verhoor waarin Afrikaner en Unaeb teregstaan op onder andere klagte van moord, verkragting, brandstigting en dwarsboming van die gereg, het Maandag in die hoërhof in Windhoek hervat nadat dit in Januarie vanjaar uitgestel is.
Die verhoor het in Desember verlede jaar begin, byna ses jaar ná die moord, waartydens beide beskuldigdes onskuldig gepleit het.
Jantjies sal na verwagting vandag voortgaan om sy getuienis te lewer.
AGTERGROND
Die 68-jarige boer, Armin Siegfried Riedel en sy vrou, Brunhild (66), is op hul plaas Grünfeld vermoor waarna hulle huis afgebrand is met hulle liggame steeds binne-in.
Die polisie het aanvanklik gedink die brand het weens ’n tragiese ongeluk uitgebreek, maar Jantjies het gister getuig verdagte omstandighede het tydens sy ondersoek opgeduik wat ’n aanduiding was dat die egpaar vermoor en die brand doelbewus gestig is.
DIESEL EN PISTOOL
Een daarvan was ’n dieseltenk op die perseel wat beskadig was. Volgens Jantjies het die oorledene se seun aan hom verduidelik dat die tenk altyd toe was om te verhoed dat iemand diesel steel
Hy het egter gevind dat die sluitingsmeganisme beskadig was en vermoed dat die diesel gebruik is om die brand te versnel.
Toe die nadoodse ondersoekverslag bekend gemaak is, was dit duidelik dat die egpaar vermoor is.
Armin is glo in die kop geskiet en was reeds dood voor die brand begin is.
Forensiese toetse kon ook bepaal dat diesel oor die Riedel-egpaar se liggame gegooi is.
Jantjies het verder getuig hulle het vermoed 'n pistool is begrawe naby waar die twee beskuldigdes – wat albei plaaswerkers op die Riedels se plaas was – gewoon het en die reeksnommer van die geweer het aangedui dat dit onder Brunhild se naam geregistreer is.
Volgens die Riedel-egpaar se seun het die vuurwapen aan sy ma behoort en is dit in ’n kluis in die huis gehou.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie