Rockey Hills vaal in N$90 500 eis teen eenheidseienaar
Rockey Hills Body Corporate, ook bekend as die Somerton-gebou, was onsuksesvol in hul saak teen die eienaar van een van hul eenhede wat na bewering nie sy maandelikse heffings betaal het nie.
Die hoërhof het gister hul aansoek teen Abed Nghinyekwa waarin Rockey Hills die terugbetaling van N$90 500 geëis het, van die hand gewys.
Rockey Hills het beweer dat hulle in Augustus 2020 ’n aansoek teen Nghinyekwa aanhangig gemaak het en ná bemiddeling het die partye op 4 Februarie 2021 ’n skikkingsooreenkoms onderteken vir die terugbetaling van die uitstaande heffings.
In die saak wat gister afgehandel en van die rol geskrap is, het Rockey Hills Nghinyekwa daarvan beskuldig dat hy nie die hofbevel gehoorsaam het nie en was dus na bewering in minagting van die hof.
Alhoewel regter Shafimana Ueitele die aansoek van die hand gewys het, het hy Nghinyekwa beveel om die applikant se regskoste te betaal.
“Ek vind dat die applikant nie onredelik opgetree het toe hy hierdie verrigtinge aanhangig gemaak het nie. Ek vind die respondent (Nghinyekwa) se bewering dat hy geen geld aan die applikant skuld nie, onbehoorlik. In die uitoefening van my diskresie is ek van mening dat alhoewel suksesvol is om die pleging van minagting van die hof te vermy, die respondent die koste van die applikant in hierdie aansoek moet betaal.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie