Die moordbeskuldigde, mnr. Manfred Links. Foto Facebook
Die moordbeskuldigde, mnr. Manfred Links. Foto Facebook

Roelph-moordsaak gaan in 2023 voort

Man steek glo sy meisie aan die brand
Die verhoor van mnr. Manfred Links het verlede Maandag tot Woensdag plaasgevind voor dit tot vroeg volgende jaar uitgestel is.
Kristien Kruger
Die verhoor van ’n man van Ariamsvlei wat na bewering sy meisie en babadogtertjie aan die brand gesteek het, is tot 15 Februarie volgende jaar uitgestel.

Ná die staat verlede week sewe getuies geroep het, het die staat aangedui dat hulle geen ander getuies het wat tans beskikbaar is nie. Die staatsaanklaer het verlede Woensdag versoek dat die saak uitgestel word om hulle geleentheid te gee om reëlings met die res van die getuies te tref.

Die moordbeskuldigde, mnr. Manfred Links, sal in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis bly tot sy verhoor hervat.

Links se verhoor het verlede Maandag in die hoërhof in Windhoek begin waartydens hy onskuldig gepleit het op die drie klagte waarop hy teregstaan, naamlik een klag van moord en twee klagte van poging tot moord.

GETUIENISSE

Die getuies wat verlede week die getuiebank ingeneem het, sluit in twee petroljoggies by wie Links na bewering die petrol gekoop het wat hy oor die oorledene, me. Michelle Roelph, gegooi het.

Hy het glo aan hulle gesê hy koop die petrol om vir Roelph aan die brand te steek.

Die sleutelgetuie was ’n ooggetuie wat gesien het hoe die paartjie op 1 Januarie 2020 in die straat baklei. Roelph het glo vir haar gesê Links het petrol oor haar gegooi en het haar gevra om die polisie te bel.

“Toe ek weer sien was sy in vlamme gehul. Sy het na my toe gehardloop.”

Volgens haar getuienis het sy ’n emmer water oor Roelph gegooi en haar in die huis in gehelp.

Die ander getuies is die verpleegster wat Links en Roelph se 13 maande oue baba se brandwonde behandel het.

Die verpleegster wat na Roelph omgesien het, het ook getuig.

Mnr. Milton Engelbrecht verteenwoordig vir Links en die saak word voor regter Christie Lienbenberg aangehoor.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!