'Rooies' hou aan hammer op ACC
Verhoor hervat vandag
In onlangse verwikkelinge in sy saak, bevraagteken Walter Mostert die ACC se magte en die hof se jurisdiksie om sy saak aan te hoor.
In die verhoor teen oudlanddros Walter (Rooies) Mostert beweer hy dat die hof nie sy saak kan hanteer nie, omrede die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) nie gemagtig was om al die aanklagte teen hom te ondersoek nie.
“Die hof het geen jurisdiksie om die misdrywe in die aanklagte van die klagstaat van die aanklaer-generaal in hierdie saak te verhoor nie,” meen hy.
Mostert word aangekla in verband met die beweerde verkryging van onwettige geboortesertifikate, identiteitsdokumente en paspoorte, afpersing en ook in verband met bedrog ter waarde van N$250 000.
Hy voer aan dat die ACC nie destyds die magte gehad het om oortredings in terme van die wet op die bekamping van georganiseerde misdaad (Poca) te ondersoek nie. Hy meen hulle ondersoek was dus onwettig.
Boonop voer hy aan dat die ACC ook nie gemagtig is om beweerde oortredings van die immigrasiewet of gemeenregtelike oortredings (common law offences) te ondersoek nie.
Hy meen dit is in stryd met die teenkorrupsiewet en dat sy daaropvolgende vervolging op inligting van die ACC gebasseer is. Op grond hiervan beweer hy dat die hof nie bevoeg is om hom te vervolg op sondanige onwettigheid nie.
“Die ACC kan slegs die sake ondersoek waarvoor dit geskep en gestig is. Die res is vir die Namibiese polisie net soos die ACC nie moord kan ondersoek nie al hou dit verband met ’n bewering van korrupsie.”
Mostert voer aan dat hy slegs met die ACC te doen gehad het voor sy inhegtenisname en dat die Namibiese polisie eers betrokke geraak het ná sy arrestasie in Tses op 1 Mei 2021.
“Tog het die ACC-beamptes in hierdie saak kom getuig omdat hulle die enigste beamptes is wat die oortredings ondersoek het.”
Dit kom ná vroeër bewerings deur Mostert dat die ACC se ondersoekbeamptes glo nie ingevolge die wet as kommissarisse van eed aangestel is.
Mostert verskyn weer vandag (Maandag) in die streekshof in Katutura vir die hervatting van sy verhoor.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie