Walter (Rooies) Mostert Foto argief
Walter (Rooies) Mostert Foto argief

‘Rooies’ vat ACC aan

Kristien Kruger
“Ek is in die proses om ‘n straftegtelike saak te maak teen die beamptes van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) wat betrokke was in my saak en ek moet die kwessie met die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie bespreek om seker te maak daar is geen inmenging of blokasies deur die betrokke beamptes nie.”

Dit het die oudlanddros, Walter (Rooies) Mostert, in ‘n brief gesê wat Woensdag aan die bestuurder van afdeling-C van Windhoek Sentrale Gevangenis, superintendent Anghuuwo, uitgereik is.

“Hiermee ’n versoek dat jou kantoor vir my reëlings tref vir ‘n vergadering met die inspekteur-generaal of ‘n senior beampte van sy kantoor by die korrektiewe geriewe,” lui die brief.

Mostert beweer dat ACC-beamptes nie as kommissarisse van eed aangestel is nie.

“Die kern van die saak is dat die minister die ondersoekbeamptes van die ACC ingevolge artikel 4 van die Wet op Vrederegters en Kommissarisse van Ede 16 van 1963 as vrederegter (justice of peace) aangestel het,” beweer Mostert in ‘n brief wat aan Republiekin verskaf is.

“Deur die Wet op Teenkorrupsie 8 van 2003 te interpreteer, kan hulle [ACC-beamptes] die eed onder dekking van artikel 21(6) van die bogenoemde wet aflê, maar uit watter handeling het die ACC die magtiging gekry om op artikel 21(6) te steun?” vra Mostert wat eis dat die ACC moet bewys dat hulle ondersoekbeamptes volgens die wet as kommissarisse van eed aangestel is.

“Hulle het toegang tot die wette wat sulke instellings reguleer, maar blyk onkunde van die wet toe te pas,” beweer Mostert.

Hy meen verder dat die ACC nie onder die vaandel van lex generalis val nie. Lex generalis verwys na ‘n algemene wet wat op ‘n groep van toepassing kan wees, soos byvoorbeeld prokureurs wat na hulle toelating as regspraktisyns, kommissarisse van eed word.

Mostert is verder oortuig dat hierdie saak in die grondwetlike hof sal beland omdat dit volgens hom ‘n kwessie in die publieke belang en in die belang van die regspleging is.

Die woordvoerder van die ACC, Josefina Nghituwamata, is Woensdag vir reaksie gekontak, maar geen terugvoering is teen verskaf nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!