Walter (Rooies) Mostert. Foto argief
Walter (Rooies) Mostert. Foto argief

Rooies vra vir borgtog

Verskyn weer in hof
Iréne-Mari van der Walt
In die voormalige landdros, Walter (Rooies) Mostert, se aansoek om borgtog het sy regsverteenwoordiger, Salomon Kanyemba, aangevoer dat borgtog aan hom toegestaan moet word aangesien die staat ’n klag in verband met sy beweerde ontsnapping uit aanhouding teruggetrek het.

Phelem Masule, die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) se hoof vir ondersoeke en vervolging, het verlede week in die landdroshof in Katutura getuig dat die klag voorlopig teruggetrek is tot die staat se sake in orde is.

“Dis ’n feit op rekord dat hy uit aanhouding ontsnap het,” het Masule getuig voor Kanyemba aangevoer het dat Mostert se beweerde ontsnapping bloot bewerings is aangesien daar geen saak is nie.

Kanyemba het ook gesê dat verskeie van die staat se getuies, onder andere die forensiese ondersoeker wyle dr. Paul Ludik, dood is sedert die saak teen Mostert aanhangig gemaak is.

Die voortdurende vertragings in Mostert se strafregtelike saak, waarin hy saam met drie medebeskuldigdes teregstaan op aanklagte wat verband hou met die Teenkorrupsiewet, die wet op immigrasiebeheer, geldwassery, afpersing, bedrog en pogings tot dwarsboming van die gereg, maak volgens Kanyemba inbraak op sy reg om spoedig verhoor te word. Mostert is in 2021 in hegtenis geneem.

“Amper drie jaar later is daar nog steeds nie ’n verhoor nie,” het Kanyemba aan Masule gesê.

Masule het geantwoord: “Daar is ander mense wat saam met hom in die verhoor moet verskyn en hulle wag ook nog steeds, sonder borgtog – dit is [Mostert] se handewerk . . . Geregtigheid sal wil hê dat mense verhoor moet word. Hy sal die verhoor vermy. . . Die spoedige hantering van ’n verhoor hang van verskeie rolspelers af, insluitend homself.”

AGTERGROND

Mostert is in 2015 in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met bewerings dat hy en sy medebeskuldigdes Joyline Kambatuku, Eveline Meroro en Joram Salomo ’n Suid-Afrikaanse gesin gehelp het om Namibiese dokumente onregmatig te bekom. Mostert het glo N$250 000 ontvang.

Hy het daarna na bewering uit aanhouding ontsnap toe hy in November 2021 mediese behandeling by die Auas Hills-hospitaal in Windhoek ontvang het en is in Maart 2022 weer in hegtenis geneem. Sy strafregtelike verhoor sal na verwagting in April voortduur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 28° Rundu: 21° | 33° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 19° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 17° | 34° Keetmanshoop: 16° | 34° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 15° | 34° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 17° | 29° Antananarivo: 16° | 28° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 37° Windhoek: 19° | 31° Cape Town: 18° | 24° Durban: 22° | 31° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 26° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!