Rundu-‘moordvrou’ vra weer borgtog
Slaan haar man glo met besemstok dood
Die beskuldigde pleit nou by die hoërhof om haar borgtog van N$3 000 toe te staan ??en voer aan dat sy vir haar twee kinders, wat van haar afhanklik is as hul enigste broodwinner, moet voorsien.
’n Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar man in Desember verlede jaar op Rundu vermoor het, appelleer teen die weiering van haar eerste aansoek om borgtog in die hoërhof in Windhoek.
Sherenda Cloete (39) het na bewering haar man, Petrus, met wie sy 15 jaar getroud was, met ’n besemstok en ’n elektriese koord doodgeslaan.
Gevolglik is sy in hegtenis geneem en van moord aangekla, saamgelees met die bepalings van die Wet op die Bekamping van Gesinsgeweld 4 van 2003.
Landdros Selma Shiiga het Cloete borgtog op 10 Januarie in die Rundu-landdroshof geweier, waar die beskuldigde haar eerste verskyning gemaak het.
Sy pleit nou by die hoërhof om haar borgtog van N$3 000 toe te staan en voer aan sy moet vir haar twee kinders, wat van haar afhanklik is as hul enigste broodwinner, voorsien.
Cloete, wat deur Sylvia Kahengombe verteenwoordig word, het Maandag vlugtig voor regter Herman January verskyn, wat haar saak tot 28 Maart uitgestel het vir ’n borgtog-appèlverhoor.
GRONDE VAN APPèL
Cloete, wat volhou sy is onskuldig, beweer haar oorlede man het verskeie kere op ’n harde oppervlak geval, beide op sy gesig en rug, wat inwendige bloeding kon veroorsaak het.
Sy meen Shiiga het nie hierdie weergawe van gebeure ten volle oorweeg toe sy besluit het om nie borgtog aan haar toe te staan nie.
“My man was op die betrokke dag dronk nadat hy van die oggend af gedrink het.
“Hy het ongeveer drie keer op die nat vloer geval terwyl ek besig was om die vloer skoon te maak, ten spyte van my pogings om hom te keer om rond te beweeg. Ek het probeer, maar hy het geweier,” lui haar appèldokumente.
Nog ’n rede waarop Cloete borgtog eis, is haar argument dat die landdros onregverdig op ’n mediese verslag gefokus het wat nooit amptelik in die hof voorgelê is nie en nie behoorlik haar reg oorweeg het om onskuldig geag te word totdat haar skuld bewys is nie.
Die staat word deur Ian Malumani verteenwoordig.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie