Russiese burger is skuldig aan verkragting, kinderhandel
Namibiese medepligtige ook betrek
'n Russiese burger is gister op verskeie klagte van verkragting en kinderhandel skuldig bevind. Die hof het bevind dat 'n Namibiër medepligtig aan sy misdade was.
Regter Claudia Claasen het gister die Russiese burger Alexander Krylov en Namibiër, Anna Engelbrecht, in die hoërhof in Windhoek gesamentlik op 13 klagte van verkragting en 15 klagte van kinderhandel skuldig bevind.
Die uitspraak het sowat vyf ure geduur.
Krylov, wat op 10 van die verkragtingsklagte en 10 van die kinderhandelklagte skuldig is, is ook skuldig bevind op 'n klag van die onwettige verskaffing van tabakprodukte aan minderjariges.
Krylov is op die klag van kinderhandel skuldig bevind weens die feit dat hy die meisies met sy voertuig na sy woonstel vervoer het waar hy met hulle seks gehad het.
Die staat het tydens die verhoor aangevoer dat Krylov in 2017 vyf minderjarige meisies – tussen die ouderdomme van 13 en 16 – verskeie kere op Walvisbaai verkrag het.
Die staat het verder beweer dat Engelbrecht van die slagoffers vir Krylov gewerf en hulle na hom gebring het om seksuele omgang met hom te hê.
Hoewel die meerderheid van die slagoffers getuig het dat hulle seksuele gunste verrig het in ruil vir geld, het Claasen bevind dat hulle minderjariges was en daarom vatbaar was vir negatiewe invloed. Claasen het in haar uitspraak genoem dat hierdie groep meisies ook maklike teikens was weens die feit dat hulle sosioëkonomiese agtergronde die meisies nog meer kwesbaar gemaak het.
“Die hof is ook van mening dat hierdie nie net een keer gebeur het nie, maar later ’n georganiseerde skema geword het," het Claasen in haar uitspraak gesê.
Sy het ook Krylov en Engelbrecht se weergawe verwerp dat hulle nie bewus was dat die meisies minderjarig was nie.
Krylov het tydens die verhoor aan die hof gesê dat hy uit vrye wil na 'n paar maande sy seksuele ontmoetings met die meisies gestaak het toe hy bewus geword het van hul beweerde dwelmgewoontes en gerugte dat een van hulle by 'n huisinbraak betrokke was.
Claasen het verder bevind dat die definisie met betrekking tot individue wat gedwing word om ’n aksie uit te voer (coercion), onvoldoende is. Sy het verduidelik dat haar uitspraak hierdeur verhinder is.
"Ek is oortuig daarvan dat die hof se definisie hiervan uitgebrei moet word om sake soortgelyk aan hierdie een in te sluit.”
BORGTOG GEWEIER
Krylov en Engelbrecht se regsverteenwoordiger het ná die vonnisoplegging die hof versoek dat borgtog toegestaan word tot vonnisoplegging. Dié versoek is van die hand gewys. Albei sal in aanhouding bly tot hul volgende verskyning op 22 Februarie vir finale betoë voor vonnisoplegging.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie