SA-advokate se appèlaansoek misluk
Die twee Suid-Afrikaanse advokate wat in November 2019 in Windhoek in hegtenis geneem is vir die beweerde oortreding van immigrasiebeheerwette nadat hulle een van die Fishrot-beskuldigdes in ’n borgtogaansoek wou verteenwoordig, se appèlaansoek is verlede week van die hand gewys.
Mike Hellens and Dawie Joubert het ná hul arrestasie in die Windhoekse landdroshof skuldig gepleit op beide klagte waarop hulle tereggestaan het en is boetes van N$10 000 elk opgelê.
Die twee klagte hou verband met die wet op immigrasiebeheer vir die lewering van dienste as regspraktisyns sonder ’n indiensnemingspermit en die verskaffing van vals of misleidende inligting aan ’n immigrasiebeampte. Dit nadat hulle verklaar het dat hulle vir ’n vergadering of besoek na Namibië gereis het.
“Dit blyk dat die appellante [Hellens en Joubert] skuldig gepleit het omdat hulle nie die naweek in die tronk wou deurbring nie,” lui hofdokumente wat ná hulle skuldigbevinding ingedien is.
Ná Hellens en Joubert se skuldigbevinding en vonnisoplegging het hulle ’n appèlaansoek by die hoërhof in Windhoek gebring teen die betrokke landdros se beslissing.
Die aansoek is van die hand gewys, maar die twee advokate se aansoek om verlof tot appèl is toegestaan en hulle het weer eens ’n nuwe appèlaansoek by die hooggeregshof ingedien. Uitspraak in dié aansoek is Donderdag gelewer en die appèl is van die hand gewys.
APPÈL IN HOOGGEREGSHOF
In die jongste appèlaansoek in die hooggeregshof het Hellens, Joubert en hul regsverteenwoordigers beweer ’n persoon wat in ’n eenmalige borgtogaansoek verskyn beoefen nie ’n beroep nie en benodig nie indiensnemingspermitte nie aangesien dit slegs uitgereik word aan mense wat in Namibië woonagtig is.
Hulle voer verder aan hulle het sertifikate van die hoofregter van Namibië ontvang wat buitelandse prokureurs toelaat om ’n persoon in hofverrigtinge in Namibië te verteenwoordig.
Die bestaan van dié sertifikate is egter nie aan die landdros bekend gemaak tydens die advokate se eerste verskynings en daaropvolgende skuldigbevindings nie.
UITSPRAAK
Die volbank regters het Donderdag beslis dat Hellens en Joubert versuim het om te bewys dat die landdros wat hulle skuldig bevind het ’n regsfout begaan het.
“Op grond van die materiaal wat voor die landdros geplaas is, kan ons nie vind dat die landdros die verkeerde besluit geneem het nie.”
Volgens regters Hosea Angula, Shafimana Ueitele en Petrus Damaseb kan ’n landdros slegs ’n regsfout begaan op grond van feite en omstandighede wat op die rekord vasgestel is.
“Die sertifikate wat glo aan die appellante [Hellens en Joubert] uitgereik is, is nie aan die landdros getoon nie en in die afwesigheid van bewyse dat dit bestaan, kan daar nie gesê word die landdros het ’n fout begaan nie,” lui die uitspraak.
Hoewel advokate nie ’n misdaadagtergrond mag hê nie, het ’n ingeligte bron aan Republikein gesê dat die Kaapse balie die twee advokate toegelaat het om weer te praktiseer.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie