Die hoërhof in Windhoek. Foto argief
Die hoërhof in Windhoek. Foto argief

Saak oor brandstigting, moord nader verhoor

Kristien Kruger
Die verhoor van die 32-jarige vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ’n huis aan die brand gesteek het terwyl haar ekskêrel en sy meisie in die huis geslaap het, is aan ’n nuwe regter oorhandig en tot 24 November uitgestel.

Mecthilde Karomo staan tereg op twee aanklagte van moord en ’n klag van brandstigting.

Die voorval het in Desember 2022 in Windhoek se informele nedersetting Okahandjapark plaasgevind.

Leonard Haupindi Kadubuli en Anastasia Ihemba Matende het in die huis doodgebrand.

Karomo en Kadubuli was glo voor die voorval in ’n bakleiery betrokke waartydens sy na bewering gedreig het om sy huis af te brand.

Karomo het op 17 Oktober voor regter Hosea Angula in die hoërhof in Windhoek verskyn, waartydens die saak aan regter Claudia Claasen oorhandig is.

Die volgende verskyning is vir voorverhoorverrigtinge en die skedulering van verhoordatums. Karomo is intussen steeds vry op borgtog.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!