• Tuisblad
  • Howe
  • Saak oor grumoord op 17-jarige hervat in April
Wyle Felix Disho Thikundeko Foto verskaf
Wyle Felix Disho Thikundeko Foto verskaf

Saak oor grumoord op 17-jarige hervat in April

Beskuldigdes vry op borg
In die saak waarin 'n 17-jarige seun se lyk in 'n vlei naby die Kavangorivier gevind is met liggaamsdele wat verwyder is, het die beskuldigdes Vrydag in die hof verskyn.
Kristien Kruger
Die drie mans wat in die Kavango-Oosstreek teregstaan op die moord van ’n 17-jarige leerling, se saak is Vrydag tot 28 April uitgestel.

Felix Disho Thikundeko het op 25 Junie 2022 vermis geraak en familie en gemeenskapslede het sy liggaam ses dae later in ’n vlei langs die Kavangorivier gevind. Van sy liggaamsdele was verwyder en sluit in onder andere een van sy bene, geslagsdele en vingerpunte. Sy maag was ook oopgesny.

Die beskuldigdes, Steven Dengwe, Alexander Kandere en Muduva Thidjukwe, staan tereg op klagte van moord en regsverydeling. Hulle het in Oktober verlede jaar borgtog van N$6 000 elk gekry.

Dengwe, Kandere en Muduva het Vrydag voor landdros Selma Shiiga in die periodieke hof in die Mukwe-kiesafdeling verskyn. Die saak is uitgestel om vir die mans die geleentheid te gee om regsverteenwoordiging te verkry.

Thikundeko was ’n leerling aan die Gekombineerde Skool Diyana in die informele nedersetting Rudhiva.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer