Sakeman verloor appèl teen sy vorige ‘vroue’
Verloor egskeiding- en universele vennootskapdispuut
Mnr. Malakia Nakuumba het twee hofsake teen sy vorige vrou en 'n vrou saam met wie hy 37 jaar gewoon het, in die hooggeregshof betwis en verloor.
'n Bekende sakeman in die Noorde, mnr. Malakia Nakuumba, se appèl in die hooggeregshof om die uitspraak oor sy universele vennootskapdispuut om te keer, die hofbevel in sy egskeiding tersyde te stel en sy aansoek dat die sake tussen hom en die twee vroue opnuut in die hoërhof aangehoor word, is verlede Dinsdag deur regterpresident Petrus Damaseb van die hand gewys.
“Mnr. Nakuumba kon nie bewys die hooggeregshof se gevolgtrekkings is verkeerd nie. Inteendeel, ek is tevrede dat die hof die getuienis van die protagoniste behoorlik, versigtig en korrek benader het. Die bevindings wat gemaak is, kan nie fouteer word in die afwesigheid van wesenlike teenbewyse nie,” lui die uitspraak.
AGTERGROND
Nukuumba het terwyl hy wettiglik binne gemeenskap van goedere getroud was met sy eerste vrou, me. Linda Ipinge, 'n langtermynverhouding met me. Frieda Nakuumba aangegaan. Hy het voorgegee om met laasgenoemde te trou sonder om van Ipinge te skei.
Hy het vir sowat 37 jaar saam met Frieda gewoon – asof hulle getroud was – en saam ’n groot gesin grootgemaak. Sy was die hoofversorger van die kinders insluitend dié wat Nukuumba by ander vrouens gehad het. Hy het probeer om Frieda uit hul gemeenskaplike huis te sit, waarna sy hom gedagvaar het. Sy beweer dat sy sy universele vennoot in die aansienlike boedel was wat hy bymekaargemaak het.
Die hoërhof het op 15 November 2019 in Frieda se guns beslis en bevind sy was 'n gelyke vennoot in die boedel wat Malakia opgebou het. Die hof het die vennootskapboedel gelyk tussen die partye verdeel. Ipinge was nie deel van die verrigtinge nie.
Ipinge het intussen Nukuumba vir ’n egskeiding gedagvaar en 'n bevel versoek dat die huwelik binne gemeenskap van goedere voltrek is, omdat dit in die noorde van Namibië aangegaan is en dus onderworpe is aan artikel 17(6) van die Naturelle-administrasieproklamasie 15 van 1928.
Die hof het op 11 Februarie 2020 'n egskeidingsbevel toegestaan en bevind die huwelik was binne gemeenskap van goedere voltrek en 'n verdeling van die gemeenskaplike boedel gelas. Frieda was nie deel van die egskeidingsverrigtinge nie.
Aangesien geen vrou 'n party was tot verrigtinge waarby die ander betrokke was nie, is hulle ook nie gebonde aan die uitslag van die verrigtinge waaraan sy nie deelgeneem het nie.
Nukuumba het albei uitsprake betwis. Die appèl vir die universele vennootskap is eerste aangehoor en daar is ten gunste van Frieda beslis, maar het sekere eiendomme uitgesluit wat afsonderlik deur die vennote besit word en nie deel van die universele vennootskap uitmaak nie.
Tydens die appèl ten opsigte van die uitspraak van die egskeidingsverrigtinge, is besluit die universele vennootskapbevel moet nie toegestaan word sonder Ipinge se deelname nie omdat 'n universele vennootskap met 'n man wat wettiglik binne gemeenskap van goedere met ’n ander vrou getroud is, nie volgens wet moontlik is nie.
Op grond van hierdie beweerde onreëlmatighede is Nukuumba toegelaat om 'n aansoek in te dien om sy vroeëre beslissing in die universele vennootskapdispuut ingevolge artikel 81 van die Namibiese Grondwet om te keer.
Indien dit sou slaag, om die hof se bevel in die egskeidingsverrigtinge te hersien en tersyde te stel en dat beide die universele vennootskapdispuut en die egskeidingaksie na die hoërhof terugverwys word om opnuut aangehoor te word.
‘MISLUKKING VAN GEREGTIGHEID’
Nukuumba se hoofklag in die aansoek is dat die universele vennootskapdispuut en die egskeiding in een verrigting aangehoor moes word. Hy voer aan dat so 'n mislukking, 'n mislukking van geregtigheid tot gevolg gehad het.
“Hy voel die versuim van die howe om te verseker dat Ipinge, wat wettiglik met hom getroud was, deel van die universele vennootskapdispuut gemaak moes word, daardie verrigtinge nietig is,” lui hofstukke.
Sy regsverteenwoordiger, adv. Raymond Heathcote, het aangevoer die enigste manier waarop die onvermydelike konflik ongedaan gemaak kan word, is as al drie partye in dieselfde verrigtinge aangehoor word.
Ipinge het in haar aansoeke haar saak gebaseer op die wetlike onmoontlikheid van 'n universele vennootskap terwyl daar 'n bestaande huwelik binne gemeenskap van goedere was.
“Volgens haar kon Frieda nie wettiglik aanspraak maak op die gemeenskaplike boedel tussen haar en Nukuumba nie. Frieda kon slegs aanspraak maak op Nukuumba se halwe aandeel van die gemeenskaplike boedel.”
Frieda het sy bewering betwis dat die bevel in die vennootskapdispuut misplaas is, aangesien die hof ten volle bewus was van die vroeëre huwelik toe die uitspraak gelewer is.
“Die hooggeregshof het die stelling verwerp dat 'n universele vennootskap nie regsbevoeg is nie en het bevind geen duidelike onreg is aan enige van die partye gedoen om die beroep op artikel 81 te regverdig nie.
“Aangesien die versoek van hersiening van die egskeidingverrigtinge van die uitspraak op die universele vennootskapverrigtinge afhanklik was, het dit weggeval. Die appèl teen die egskeidingbevel het geen meriete gehad nie en moes van die hand gewys word,” lui die uitspraak.
Nukuumba moet Frieda en Ipinge se regskoste in die aansoek en die appèl betaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie