Saron-moord: Man verskyn in hof
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die 28-jarige me. Charmaine Saron 24 keer met ’n mes doodgesteek het, is gister borgtog geweier.
Mnr. Erick Uwukhaeb is Saterdag op Keetmanshoop in hegtenis geneem en is gisteroggend na Windhoek vervoer om in die landdroshof in Katutura te verskyn.
Hy staan tereg op een klag van moord en regsverydeling omdat hy na bewering Saron se liggaam van die moordtoneel tot agter die Hosianna Lutherse Kerk in Katutura geskuif het waar dit verlede Donderdag ontdek is.
Die saak is tot 25 Augustus uitgestel om Uwukhaeb geleentheid te gee om regsverteenwoordiging te verkry en vir verdere ondersoek.
Uwukhaeb het reeds aangedui hy gaan van ’n privaat prokureur se dienste gebruik maak.
Hy is ook ingelig van sy reg om in die komende weke ’n formele aansoek om borgtog by die landdroshof in te dien.
Hy bly vir tyd en wyl in aanhouding in Windhoek.
Saron, ’n ma van vier kinders, en het in Rehoboth gewoon. Sy het glo drie weke gelede na Windhoek vir opleiding as assistentverpleegster gekom.
’n Groot skare mense het gister die hofsaal vol gesit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie