Alexander Krylov is onlangs in die hoërhof op Windhoek 'n 35-jaar tronkstraf opgelê. Foto Iréne-Mari van der Walt
Alexander Krylov is onlangs in die hoërhof op Windhoek 'n 35-jaar tronkstraf opgelê. Foto Iréne-Mari van der Walt

Seksoortreders kry swaar vonnisse

Krylov word 35 jaar tronkstraf opgelê
'n Russiese burger is verlede maand skuldig bevind op verskeie klagte van verkragting en mensehandel.
Kristien Kruger
Die Russiese burger Alexander Krylov is Vrydag tot 35 jaar tronkstraf gevonnis.

Dit volg nadat hy verlede maand skuldig bevind is op tien klagte van verkragting en tien klagte van mensehandel.

Regter Claudia Claasen het ook Krylov se Namibiese medebeskuldigde, Anna Engelbrecht, wat skuldig bevind is op drie klagte van verkragting en vyf klagte van kinderhandel, tronkstraf van 20 jaar opgelê.

Krylov het in 2017 vyf minderjarige meisies tussen die ouderdomme van 13 en 16 verskeie kere op Walvisbaai verkrag. Engelbrecht het die minderjarige slagoffers vir hom gewerf en na hom gebring om seksuele omgang met hom te hê.

Krylov het tydens die verhoor erken hy het op ’n gereelde basis die meisies betaal om saam met hom te slaap, maar het aangevoer dat hy nie geweet het hulle is minderjarig nie.

Hoewel die meerderheid van die slagoffers getuig het dat hulle seksuele gunste verrig het in ruil vir geld, het Claasen bevind hulle was minderjarige en daarom vatbaar vir negatiewe invloede.

Claasen het in haar uitspraak gesê dié groep meisies was ook maklike teikens weens die feit dat hul sosioëkonomiese agtergronde hulle nog meer kwesbaar gemaak het.

Die meisies se agtergronde en die omstandighede waaronder Krylov seksuele omgang met hulle gehad het, was volgens Claasen die basis vir die swaar vonnisse.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!