Die beskuldigde mnr. Alexander Krylov. Foto Kristien Kruger
Die beskuldigde mnr. Alexander Krylov. Foto Kristien Kruger

‘Seksoortreders’ se verhoor nader einde

Saak uitgestel tot 17 Oktober
'n Russiese burger en sy Namibiese medebeskuldigde staan tereg op verskeie klagte van verkragting en kinderhandel.
Kristien Kruger
Die saak waarin ’n man en vrou teregstaan op beweerde seksoortredings met minderjariges, is Vrydag uitgestel.

Die beskuldigdes, mnr. Alexander Krylov en me. Anna Katrina Engelbrecht, se regsverteenwoordigers sou Vrydag slotbetoë lewer voor uitspraak.

Regter Claudia Claasen het die saak tot 17 Oktober uitgestel aangesien hofrekords nog nie volledig getranskribeer is nie.

Die verdediging het dié transkripsie nodig om argumente in te dien en Claasen het die verdediging tyd tot 7 Oktober gegee om argumente in te dien.

Partye sal op 17 Oktober hul finale argumente lewer voordat Claasen uitspraak sal lewer.

Krylov, ’n Russiese burger en mariene vlieënier, het in November 2017 borgtog van N$40 000 betaal en sy Namibiese medebeskuldigde N$4 000.

Die twee is in Oktober 2016 in hegtenis geneem.

Engelbrecht kon nie Vrydag se hofverrigtinge bywoon nie aangesien sy na bewering haar enkel seergemaak het. Haar regsverteenwoordiger het ’n siekbrief by die hof ingedien.

KLAGSTAAT

Die saak hou verband met vyf minderjarige meisies wat Krylov na bewering in 2017 op verskeie datums in sy woonstel op Swakopmund verkrag het.

Engelbrecht het glo die vyf slagoffers, wat tussen 15 en 16 jaar oud was, vir Krylov gewerf en hulle na hom gebring om seksuele omgang met hom te hê.

Krylov staan tereg op 23 klagte van verkragting, 16 klagte van kinderhandel met die doel om seksueel te misbruik en een klag van die verkoop van tabak aan ’n persoon onder die ouderdom van 18.

Engelbrecht staan tereg op drie klagte van verkragting en 16 klagte van kinderhandel.

Hoewel al twee aan die begin van hul verhoor onskuldig op alle klagte gepleit het, het Krylov erken hy het by die meisies geslaap. Hy het wel beweer dat hy nie geweet het hulle is minderjarig nie.

Hy het aan die hof gesê hulle het toestemming gegee en dat hy die meisies N$100 elk betaal het.

Engelbrecht het getuig sy was onder die indruk die meisies was 17 jaar en ouer. Die meisie het glo dֵié ouderdomme aan haar gegee toe sy hulle daaroor uitgevra het.

Sy beweer sy het nie die meisies gewerf nie; hulle het haar glo genader en het reeds “rondgeslaap”.

̶ [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!