Seksoortredingsaak tot Oktober uitgestel
In die saak waarin die Russiese burger mnr. Alexander Krylov en Namibiër me. Anna Katerina Engelbrecht teregstaan, sou partye vandag in die hoërhof in Windhoek verskyn vir finale betoë voor uitspraak.
Krylov en Engelbrecht staan tereg op verskeie klagte van verkragting van minderjariges en kinderhandel.
Regter Claudia Claasen het die saak tot 17 Oktober uitgestel aangesien die hofrekords nog nie volledig getranskribeer is nie.
Die verdediging wag vir dié transkripsie om sy argumente in te dien.
Al twee beskuldigdes is vry op borgtog.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie