Mnr. Alexander Krylov Foto Kristien Kruger
Mnr. Alexander Krylov Foto Kristien Kruger

Seksoortredingsaak weer eens uitgestel

Russiese vlieënier nog vry op borgtog
Slotbetoë sal vandag gelewer word in die saak waarin 'n man teregstaan op 23 klagte van verkragting en 16 klagte van kinderhandel.
Kristien Kruger
Die Russiese burger en sy Namibiese medebeskuldigde wat teregstaan op verskeie klagte van verkragting en kinderhandel, se saak is Maandag weer eens vertraag.

Die beskuldigdes, mnr. Alexander Krylov en me. Anna Katrina Engelbrecht, se regsverteenwoordigers sou Maandag slotbetoë lewer voor uitspraak, maar die saak is tot vandag uitgestel.

Dít nadat regter Claudia Claasen tydens die vorige hofverskyning op 22 Augustus die saak na Maandag uitgestel het, omdat die hofrekords nog nie volledig getranskribeer was nie.

Die rede vir gister se uitstel is aangesien Krylov en Engelbrecht se regsverteenwoordiger siek was en nie sy betoë betyds by die hof kon indien nie.

Claasen het nie tyd gehad om deur sy argumente te lees nie, terwyl die staat nie genoeg tyd gehad het om die argumente te beantwoord nie. Partye sal na verwagting vandag in die hoërhof in Windhoek hul slotbetoë lewer.

AGTERGROND

Krylov, ’n voormalige mariene vlieënier, het na bewering in 2017 seksuele omgang met vyf minderjarige meisies by sy woonstel in Swakopmund gehad.

Krylov het erken hy het met die meisies geslaap, maar het glo nie geweet hulle was minderjarig nie. Hy het ook erken hy het hulle betaal.

Die staat beweer dat Engelbrecht die meisies, wat tussen 15 en 16 jaar oud was, na Krylov gebring het sodat hy seksuele omgang met hulle kon hê.

Engelbrecht het getuig sy was onder die indruk die meisies was 17 jaar en ouer. Sy ontken sy het die meisies gewerf en voer aan die meisies het haar genader.

Krylov en Engelbrecht is in Oktober 2016 in hegtenis geneem.

Hy staan tereg op 23 klagte van verkragting, 16 klagte van kinderhandel met die doel om seksueel te misbruik en een klag van die verkoop van tabak aan ’n persoon onder die ouderdom van 18.

Engelbrecht staan tereg op drie klagte van verkragting en 16 klagte van kinderhandel.

Al twee het aan die begin van die verhoor onskuldig gepleit.

Krylov is in November 2017 borgtog van N$40 000 toegestaan en Engelbrecht is op N$4 000 vrygelaat.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!