Selfdegeslagpaartjie se stryd ken geen einde
Ministerie moet regskoste dek
Hoewel die paartjie 'n oorwinning in die hof behaal het, is dit glo nie wat hulle voor gehoop het nie en gaan hulle die proses met 'n "vyandiggesinde' binnelandse sake hervat.
Die appèlhof het Maandag beslis die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het ’n Mexikaans-gebore argitek – wat sedertdien 2010 wettiglik in Namibië woon en werk – “op ’n uiters onwaardige manier” behandel.
Die ministerie is beveel om die totale regskoste van 'n hofgeding en appèl wat deur mnr. Guillermo Delgado gebring is, te betaal.
“Die manier hoe immigrasiebeamptes vir (Guillermo) Delgado by die Ngoma-grens in Januarie 2020 behandel het, was onmenslike en vernederend. Sulke optrede het geen plek in 'n samelewing wat op die oppergesag van die reg en waardes van inherente waardigheid sowel as geregtigheid gebaseer is nie,” lui hoofregter Peter Shivute, adjunkhoofregter Petrus Damaseb, en hooggeregshofregter Dave Smuts se uitspraak.
Delgado se aansoek om ’n artikel 38-sertifikaat is afgekeur en die grensbeampte het hom verbied om die land binne te kom en het vir hom een van twee keuses gegee – of hy gaan terug of hy word as 'n onwettige immigrant aangehou.
Hy het die sertifikaat in 2018 gekry en sy aansoek om hernuwing is sonder sy wete in 2019 afgekeur op grond van sy selfdegeslaghuwelik met die Namibiër, mnr. Phillip Lühl.
Beide Delgado en Lühl is argitekte en is die ouers van drie kinders.
Benewens die betaling van Delgado se regskoste, het die hof ook die ministerie se besluit om die artikel 38-sertifikaat af te keur, tersyde gestel en die ministerie beveel om Delgado se aansoek opnuut te oorweeg.
‘’N MORS VAN TYD, GELD EN ENERGIE’
Ná die uitspraak het Delgado se prokureur, me. Uno Katjipuka-Sibolile, gesê die klein oorwinning is nie waarvoor hulle gehoop het nie, veral omdat Delgado nou na binnelandse sake moet terugkeer.
“Binnelandse sake is vyandiggesind – om dit sagkens te stel – teenoor Guillermo, sy man en die hele gesin. Ons weet wat hulle gaan doen, hulle sal die aansoek afkeur.”
Die gesin sal volgens haar dan geen ander keuse hê as om weer hof toe te kom nie.
“Dit was om eerlik te wees ’n mors van tyd, geld en energie. Dit is nie wat ons wou hê nie,” het sy gesê.
"Ons het gewen, maar ook nie regtig nie."
Delgado het bygevoeg dat die uitspraak hom en sy gesin net weer agter in die ry gesit het.
“Ons gesin is al deur so baie en dit word deurgaans deur binnelandse sake veroorsaak.”
DOMISILIE IN NAMIBIË
Die hof het Maandag wel met die ministerie saamgestem dat 'n artikel 38-sertifikaat nie domisilie verleen nie, maar dat die sertifikaat uitgereik word aan enige persoon wat wettiglik in Namibië woon en wat tydelik wil vertrek, maar om enige rede twyfel of hy of sy kan terugkeer.
Die regters het beklemtoon die gebrek aan duidelikheid rondom die sertifikaat se betekenis het 'n grys area geskep en "dringende wetgewende ingryping" vereis.
Ten spyte daarvan dat Delgado se regspan verlede jaar aangevoer het dat enige persoon wat met 'n Namibiër getroud is en in Namibië woon, outomaties domisilie verkry, het die hof geweier om tydens hierdie verrigtinge die kwessie van selfdegeslaghuwelike se wettigheid in Namibië aan te roer. Die hof het gesê dat die saak “nie oor selfdegeslaghuwelike handel nie, maar oor die vraag van hoe domisilie in Namibië verkry word”.
Delgado en Lühl is al jare in en uit die hof. Benewens Delgado se verblyfstatus, was die egpaar ook met die ministerie van binnelandse sake in ’n stryd gewikkel om hul kinders se Namibiese burgerskap te erken. Die egpaar het verlede jaar die saak in die hoërhof gewen en sal volgende in die appèlhof aangehoor word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie