Seun dra doek ná muur op hom val
Ouers eis N$2,5 miljoen van minister; regering
Die ouers van 'n 16-jarige het 'n reuse-eis ingestel nadat hy permanent beseer is toe 'n muur by die skool op hom geval het.
Twee ouers eis N$2,5 miljoen van die minister van onderwys, kuns en kultuur, asook die regering, vir ’n voorval by ’n skool in die Kavango-Oostreek wat glo hul 16-jarige seun met ernstige besering gelaat het.
Die seun het glo ná ’n eksamen op 4 Desember 2020 in die skaduwee van ’n sementmuur gaan sit toe twee leerlinge teen die muur geleun het en die muur op die seun neergestort het.
Volgens sy ouers pleitstukke was hy bewusteloos en is hy na die Andara-hospitaal geneem.
Die seun is op 7 Desember by die Windhoek Sentrale Hospitaal geopereer en mediese personeel het glo die ouers ingelig dat hul seun se onderlyf moontlik verlam is.
Ná die operasie en rehabilitasie loop die seun met krukke. Hy het egter nie meer beheer oor sy stoelgang en blaas nie en moet dus 'n doek dra.
Die ouers voer aan die minister van onderwys en die regering het nie hul wetlike plig nagekom om die veiligheid van leerders te verseker deur 'n veilige leeromgewing te skep nie.
“Die nalatigheid van die skool se bestuur en hul versuim om aan die eerste verweerder (minister] te rapporteer, asook die eerste verweerder se versuim om veiligheidsinspeksies toe te pas, was 'n direkte oorsaak van die beserings wat die eiser se seun opgedoen het,” lui die eisbesonderhede wat op 29 November 2021 by die hoërhof in Windhoek ingedien is.
MINISTER, REGERING ONTKEN ENIGE MISDRYF
Die minister en regering het in hul pleitstukke ontken dat die skoolperseel onveilig was en beweer dat dit steeds veilig is vir leerlinge.
“Wanneer dit reën, stroom water in ’n sloot van die noordekant van die skool na die suidelike kant waar die muur is. Die streek het gedurende daardie tyd swaar reën ervaar en dit kon daartoe gelei het dat die muur los was.
“Die verweerders sê hulle was ten tye van die voorval nie bewus dat die muur los was nie en het daarom dus nie waarskuwings van gevaar aangebring nie,” verduidelik hulle in pleitstukke.
Daar word volgens hulle jaarliks veiligheidsinspeksies by skole gedoen.
ERNSTIGE NAGEVOLGE
Volgens die ouers mag hul seun as gevolg van sy beserings nie terugkeer skool toe nie en die verweerders het dit in hul pleitstukke erken.
“Hy is nie geskik om terug te kom skool toe nie omdat hy die bystand van 'n opsigter sou nodig hê om na hom om te sien.”
Die seun het volgens die hofstukke ook sielkundige en emosionele skade gely omdat hy nie sy eie liggaamsfunksies kan beheer nie en kry hy swaar omdat hy nie 'n normale lewe kan lei nie.
“Die eisers moet medikasie en doeke koop om die lewe vir hul seun draaglik te maak.”
Die minister en regering het uitgelig dat geen bewyse van die seun se toestand gelewer is nie en versoek dat die eisers bewyse ten opsigte van die toestand van hul seun en die omvang en aard van sy beweerde beserings moet toon.
SAAK NA MEDIASIE VERWYS
Die ouers eis N$1 miljoen vir die pyn en lyding wat hulle en hul seun moes verduur het, N$300 000 vir die ongemak, ongerief, emosionele trauma en skok as gevolg van die insident, N$900 000 vir die liggaamsgebrek wat hul seun opgedoen het en nog N$300 000 vir die verlies aan geriewe en lewensgenietinge.
Die saak is gister (Donderdag) deur regter George Coleman vir mediasie verwys wat op 2 Junie sal plaasvind.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie