Shangula, Nangombe getuig in Kanyama-saak

Kenya Kambowe
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, Kalumbi Shangula, en dié ministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, sal na verwagting vandeesweek in die hoërhof in Windhoek getuig in die saak waarby Shapwa Kanyama, ’n mediese verskaffer aan die staat, en sy vrou, Beata, betrokke is.

In die saak dagvaar die egpaar ’n afgetrede verpleegster vir N$400 000 vir beweerde laster. Die verhoor sal na verwagting vandag begin.

Elkeen dagvaar die betrokke oudverpleegster, Mathilde Kadhikwa, vir N$200 000 oor opmerkings wat sy na bewering in Mei verlede jaar gemaak het toe Shapwa en Beata getroud is.

Kadhikwa het na bewering in ’n klankgreep, wat wyd op sosiale media versprei is, aangevoer dat openbare fondse gebruik is om die Kanyama-egpaar se “troue van N$10 miljoen” te finansier. Sy het verder glo beweer dat Shapwa finansiële misdrywe pleeg en staatsgeld onwettig in sy sak steek terwyl openbare gesondheidsgeriewe ’n gebrek aan basiese voorrade ervaar.

Die egpaar se prokureur, Sisa Namandje, het Kadhikwa glo in Junie verlede jaar versoek om ’n onvoorwaardelike verskoning aan die egpaar te rig oor die opmerkings wat sy gemaak het, maar Kadhikwa het glo verkies om nie daaraan te voldoen nie. Dit het daartoe gelei dat die egpaar haar hof toe gesleep het.

Hulle beweer dat die opmerkings lasterlik en onregmatig was, en dat dit inbreuk op hul goeie naam, waardigheid, roem en reputasie gemaak het.

Kadhikwa hou egter vol dat sy niemand se naam in die klankgreep genoem het nie en nie die persoon was wat die gesprek op WhatsApp begin het nie. Sy het verder aangevoer dat sy eenvoudig haar mening oor ’n openbare aangeleentheid geopper het.

Sy het ook Facebook-plasings aan die hof verskaf deur ander Namibiërs wat soortgelyke opmerkings gemaak het oor die gebrek aan medikasie in hospitale en die Kanyamas se uitspattige troue. Sy het aangevoer dat daardie mense nie soos sy gedagvaar word nie.

MOET KONTRAKTE SAAMBRING

Kadhikwa het die regsdienste van Henry Shimutwikeni ingespan om haar te verteenwoordig en op 15 Februarie het hy beide Shangula en Nangombe gedagvaar om vanaf 16 tot 19 Julie in die Windhoekse hoërhof te getuig.

Beide Shangula en Nangombe word versoek om al die kopieë van die kontrakte wat aangegaan is tussen die regering en enige maatskappy wat Kanyama besit of gedeeltelik besit, saam te bring.

As hulle nie aan die versoek voldoen nie, kan Shangula en Nangombe ’n boete van N$4 000 in die gesig staar of ’n jaar tronkstraf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!