Skelm motorhandelaar appelleer vonnis
Partye verskyn in hoërhof
Harding eis dat sy skuldigbevinding op geldwassery tersyde gestel word en sy vonnis vervang moet word met 'n vonnis van vyf jaar waarvan twee en 'n half jaar opgeskort is.
Die Walvisbaaier Cevin Harding het die hoërhof genader in ’n poging om sy vonnis van tien jaar tronkstraf te appelleer. Hy stel voor dat dit vervang moet word met ’n vonnis van twee en ’n half jaar.
Harding is in die Swakopmundse streekshof skuldig bevind aan vyf klagte van diefstal en een klag van geldwassery nadat hy skuldig gepleit het. Hy het die misdade gepleeg as deel van sy besigheid waarin hy voertuie gekoop en verkoop het. Hy is in Junie verlede jaar gevonnis.
In sy hofaansoek eis Harding dat die skuldigbevinding op geldwassery hersien en tersyde gestel word en dat sy vonnis van 10 jaar tronkstraf vervang moet word met ’n vonnis van vyf jaar waarvan twee en ’n half jaar opgeskort is.
In sy appèlaansoek benadruk Harding die feit dat hy skuldig gepleit het, ’n gedeelte van die geld terugbetaal het en dat hy berou getoon het vir sy aksies. Hy beweer verder hy is ’n eerste oortreder en ’n uitstekende kandidaat vir rehabilitasie.
Harding beweer dat sy vonnis te straf en onvanpas is. Hy meen dit is buite verhouding tot die omstandighede en misdade waaraan hy skuldig bevind is.
Hy voer aan dat ’n veel meer gepaste vonnis, ’n boete sou wees met ’n opgeskorte vonnis of minstens ’n vonnis wat met vyf jaar opgeskort is.
Hy beweer verder dat hy eindelik verkeerdelik skuldig bevind is op geldwassery.
“Dit is so omdat die verkoop van die voertuie heeltemal wettig en 'n regte besigheidsaktiwiteit was. Wat dalk onwettig was, was die terughou van die geld maar dit hou verband met die skuldigbevinding aan diefstal, wat dit was.
“Die landdros kon nooit oortuig wees dat die oorsprong van die geld vir enigiemand versteek is nie, soos die verkoop van voertuie, betaling vir daardie voertuie en betaling in 'n wettige besigheidsrekening gemaak is. Die oorsprong van die geld was nooit versteek nie,” lei Harding se hofstukke.
Partye het gister voor regter Hosea Angula in die hoërhof in Windhoek verskyn.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie