Skelm motorhandelaar faal in appèl teen vonnis
“Ongetwyfeld het [Cevin Harding] hierdie misdrywe teen die algemene publiek gepleeg. Niksvermoedende lede van die publiek het hom en sy besigheid vertrou en hy het munt daaruit geslaan.”
Só het regter Claudia Claasen in die uitspraak gesê waarin sy dié Walvisbaaier se appèlaansoek teen sy vonnisoplegging van die hand gewys het.
Harding is op 15 Junie 2023 tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan vyf aanklagte van diefstal en een klag van geldwassery.
Harding het in die verloop van drie jaar, vyf mense se voertuie verkoop as deel van sy besigheid, maar het nooit die geld aan hulle – altesaam meer as N$1 miljoen – betaal nie en dit eerder vir sy eie gewin gebruik.
“Hulle het die appellant met hul eiendom vertrou en verwag om hul geld te ontvang sodra hul voertuie verkoop is. Dit het nie gebeur nie.
“Hierdie mense is oorgelaat om die gevolge te dra en het finansiële verliese gely. Die appellant het nie een van hulle vergoed nie,” lui die uitspraak wat gister gelewer is.
Harding het sy appèlaansoek op 17 Julie by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak.
GEBAAT BY GELD
Een van Harding se gronde vir appèl was dat die landdros in die Walvisbaai-landdroshof – waar hy skuldig gepleit en gevolglik gevonnis is – ’n fout begaan het deur nie in ag te neem dat hy nie enige voordeel uit die misdaad getrek het nie.
Hy het aangevoer dat die geld in ’n oortrokke rekening betaal is. Dit is ook glo die rede waarom hy nie die geld kon terugbetaal nie.
Die hof het egter bevind dat selfs met die inagneming van hierdie verduidelik, Harding wel steeds daaruit gebaat het.
“Dit beteken dat sy uitstaande skuld by die bank verminder sou word, wat beteken dat hy en sy besigheid by die transaksies gebaat het.”
In Harding se appèl het hy ook aangevoer dat die landdroshof eerder slegs ’n boete moes oorweeg het of minstens ’n opgeskorte vonnis.
Die hof het bevind dat die erns van die oortreding en die openbare belang, die vonnis regverdig.
“Dit het oor en oor gebeur. In elke geval, gedurende die drie jaar, het hy tyd gehad om sy weë te heroorweeg, maar hy het by sy bedrieglike plan gehou.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie