Skikking in eis teen Fitty
Ooreenkoms word tans opgestel
In die saak waarin 'n boumaatskappy ongeveer 'n halfmiljoen van 'n Fishrot-beskuldigde geëis het, het partye glo ingestem om te skik.
Die Fishrot-beskuldigde, Tamson (Fitty) Hatuikulipi, is einde verlede jaar hof toe gesleep deur ’n konstruksiemaatskappy wat sowat N$650 000 van hom geëis het.
Dié geskil is egter glo onlangs besleg voordat die saak verhoor kon word. L.I.T Construction Supplies & Formwork het aangevoer Hatuikulipi het die maatskappy nie vir sy dienste vergoed nie nadat hulle glo boutoerusting en voorraad verskaf het vir bouwerk op ’n eiendom in Auasblick, Windhoek.
Partye sou gister voor regter Collins Parker in die hoërhof in Windhoek verskyn vir voorverhoorverrigtinge, maar partye het intussen die hof versoek om die saak tot 5 Julie uit te stel sodat hulle ’n skikkingsooreenkoms kan opstel, onderteken en by die hof indien.
Die inhoud en terme van die skikkingsooreenkoms is nog nie bekend nie.
AGTERGROND
L.I.T het na bewering in November 2019 ’n huurooreenkoms vir boubenodighede aangegaan en die maatskappy moes ingevolge dié ooreenkoms glo maandelikse debiteureverslae verskaf vir die dienste wat gelewer is.
L.I.T het in sy eisbesonderhede – wat op 2 November 2022 by die hof ingedien is – aangevoer ’n bedrag van N$646 189 is aan hom verskuldig en het in sy hofaansoek geëis dat Hatuikulipi die bedrag met rente van 20% per jaar moes terugbetaal. Die maatskappy het verder versoek dat Hatuikulipi ook sy regskostes moet betaal indien sy aansoek toegestaan word.
Hatuikulipi se vrou, Ndapandula, en sy maatskappy JTH Trading, was ook aanvanklik as verweerders in die saak gelys, maar is later deur L.I.T van die saak geskrap.
Hatuikulipi is reeds drie jaar in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis nadat hy in hegtenis geneem is vir sy beweerde betrokkenheid by die Fishrot-korrupsieskandaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie