Skoolhoof kry borgtog ná 'versekeringsbedrog'
Dani Booysen en Nikanor Nangolo – Borgtog van N$5 000 is Maandag in die Rundu-landdroshof aan die hoof van die Laerskool Insu toegestaan wat na bewering die “meesterbrein” agter ’n huisinbraak was om sowat N$432 0000 van ’n versekeringsmaatskappy te eis.
Theresia Ngondo (44) staan ??tereg op aanklagte van bedrog en het haar eerste verskyning voor landdros Matilda Kauyu gemaak. Haar saak is tot 5 Februarie 2025 uitgestel.
Volgens die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Kavango-Oosstreek, adj.komm. Bonifatius Kanyetu, is Ngondo in hegtenis geneem ná die aanmelding van ’n vals huisinbraakvoorval wat volgens haar op 21 Oktober tussen 08:00 en 17:00 in Rundu se Tjingavallei-omgewing plaasgevind het.
‘GESTEELDE GOEDERE’
Ngondo het glo die feite wanvoorgestel in ’n poging om ’n eis by die versekeringsmaatskappy in te dien vir ’n lys van items wat na bewering gesteel is.
Dit sluit onder meer vier koningingrootte-beddens, twee 80-duim-televisiestelle, ’n 55-duim Samsung-televisiestel, ’n sitkamerstel, ’n Defy-gasstoof, dubbeldeur-yskas, vrieskas, mikrogolfoond, twee waaiers, ’n koffietafel, matte, ’n drukkoker, ’n HP-skootrekenaar, juweliersware en fietse in.
Kanyetu het bygevoeg dat die ondersoek aan die lig gebring het dat die huis waar die beweerde huisbraak plaasgevind het, nie aan haar behoort nie. Sy was net ’n gas wat vir ’n naweek daar gebly het.
“Boonop was baie van die items wat sy as gesteel aangemeld het, nooit by die gastehuis nie. As gevolg van die bevindings is die versekeringseis vir N$431 688 van die hand gewys,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie