Foto argief
Foto argief

Skêrmoord: Man pleit onskuldig

Sy meisie sterf weens bloedverlies
Rodney Afrikaner het gekies om homself te verteenwoordig en het nie 'n pleitverduideliking aan die hof voorsien nie.
Kristien Kruger
Die verhoor van ’n man wat in 2019 na bewering sy meisie met ’n skêr doodgesteek het, het verlede week in die hoërhof in Windhoek begin en duur vandeesweek voort.

Die 44-jarige Windhoeker Rodney Afrikaner het onskuldig gepleit op die klag van moord, saamgelees met die bepalings van die wet op die bekamping van gesinsgeweld.

Afrikaner het glo sy meisie, Patricia Hochobes (39), verskeie kere met ’n skêr in haar bobeen en ander plekke op haar been gesteek. Sy is weens bloedverlies dood.

Een van die staatsgetuies het verlede week getuig dat Hochobes besig was om hul sewe maande oue babaseuntjie te borsvoed toe Afrikaner haar na bewering gesteek het.

Die voorval het in Februarie 2019 in die informele nedersetting Hakahana naby Windhoek plaasgevind.

Afrikaner het gekies om homself te verteenwoordig en het nie ’n pleitverduideliking aan die hof voorsien nie.

Hy is ná sy arrestasie borgtog geweier en is tans in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis.

Afrikaner se verhoor het gister voortgeduur en sal na verwagting vandag hervat.



SOORTGELYKE VOORVAL

Die inligting in hierdie verhoor is soortgelyk aan ’n voorval wat onlangs in Windhoek plaasgevind het.

Helen Onesmus (43) se man het haar na bewering n Februarie met ’n skêr doodgesteek. Dié voorval het in die Rocky Crest-woonbuurt plaasgevind.

Robert McNab is kort ná die voorval in hegtenis geneem en het glo gepoog om sy eie lewe te neem voor hy gearresteer is.

“Daar word beweer dat die egpaar, wat besig was om te skei, in die woonstel baklei het en gevolglik het [McNab] die vrou met ’n skêr gesteek en sy het aan haar steekwonde beswyk,” het Elifas Kuwinga, die hoofinspekteur van die Namibiese polisie, destyds gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Brentford 1 vs 1 West Ham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A