• Tuisblad
  • Howe
  • Slagoffer getuig in saak teen stigter van kinderhuis
Ramon Flick Foto argief
Ramon Flick Foto argief

Slagoffer getuig in saak teen stigter van kinderhuis

‘Papa Ramon’ se verhoor hervat
Flick het 'n kinderhuis op Opuwo begin waar hy glo kinders uit gemarginaliseerde gemeenskappe gehelp het.
Kristien Kruger
Die verhoor van die middeljarige Duitse sendeling wat na bewering talle minderjarige meisies in die Kunenestreek seksueel misbruik het, het Maandag hervat en sal tot Vrydag duur.

Een van die slagoffers wat glo meer as een keer deur Ramon Flick (51) seksueel uitgebuit is, was Maandag in die getuienisbank.

Volgens regter Eduard Kesslau, wat die saak aanhoor, se hofklerk is die saak nog ver van klaar en het die staat al tussen agt of tien getuies geroep sedert die begin van die verhoor.

Die verhoor is geskeduleer om tot Vrydag te duur in die afdeling van die hoërhof wat in Omwandi in die Ohangwenastreek geleë is.

Toekomstige verhoordatums is ook reeds geskeduleer vir Desember, Februarie 2025 en Maart 2025.

Na bewering is die meerderheid van die slagoffers minderjarige Himba-meisies wat in die gebied woon.

‘PAPA RAMON SE KINDERHUIS’

Flick is die stigter van ’n kinderhuis op Opuwo, Papa Ramon’s Hope Kids.

Volgens hul webtuiste is dit ’n geregistreerde organisasie wat skoolonderrig aan kinders in nood uit gemarginaliseerde gemeenskappe in die noorde van Namibië verskaf. Die kinderhuis dien glo as ’n veilige hawe vir kinders en fokus na bewering op godsdiens.

Op die kinderhuis se Facebookblad word daar na Flick as “Papa Ramon” verwys.

GELEERDE

Flick het in 1998 sy PhD aan die Justus-Liebig Universiteit in Giessen, Duitsland, ontvang.

Hy het ook geleerdheid op die gebied van opkomende aansteeklike siektes en die ontwikkeling van maatreëls teen bedreigings van bio- en agroterrorisme.

Hy het in 2021 na Namibië gekom en die kinderhuis gestig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!