Smith-Howard en IPC se regstryd duur voort
Saak hervat op 8 Augustus
Die hofsaak waarin me. Ciske Smith-Howard haar destydse skorsing uit die IPC tersyde gestel wil hê, is steeds net in die voorverhoorfase.
Die IPC-lid en voormalige voorsitter van die Erongo-streekraad, me. Ciske Smith-Howard, se saak teen die Independent Patriots for Change (IPC) en sy sekretaris-generaal is Maandag tot 8 Augustus vir verdere voorverhoorverrigtinge uitgestel.
Die hoërhof in Windhoek het opdrag gegee dat die partye ’n gesamentlike voorverhoorverslag voor 3 Augustus by die hof moet indien ter voorbereiding vir die verhoor.
Smith-Howard het die hofsaak in Desember verlede jaar aanhangig gemaak. Sy eis dat haar skorsing nietig verklaar en alle regsgevolge tersyde gestel moet word, asook die kennisgewing om haar te dissiplineer tesame met al die besluite wat daaruit spruit.
Die sekretaris-generaal van die IPC, me. Christine Auchomas, en die Erongo-streekraad is ook as respondente in die saak gelys.
Die streekraad is egter net ingesluit vir die belang wat dit dalk in die uitkoms van die saak mag hê.
IPC-GRONDWET
Smith-Howard beweer dat Auchomas haar op 20 Oktober 2021 mondelings van haar skorsing in kennis gestel het.
Sy het glo ook ’n brief ontvang wat haar beveel het om al haar werk en take namens die IPC te staak.
“Die eerste en die tweede respondente [IPC en Auchomas] het onwettig en strydig met die bepalings van artikels 4.60 tot 4.62 van die IPC se grondwet opgetree.”
Smith-Howard sê in haar eisbesonderhede dat sy na bewering nooit van die aantygings teen haar ingelig is nie; sy nie voor die skorsing vertoë kon rig te opsigte van die klagte teen haar nie, en sy nooit skriftelik van haar skorsing in kennis gestel is nie.
Smith-Howard sê sy is op 10 Desember 2021 op kort kennisgewing na ’n dissiplinêre verhoor voor die nasionale dissiplinêre komitee genooi. Sy beweer die verhoor was ook nie in ooreenstemming met die bepalings van die IPC se grondwet nie.
INTERNE KANALE
Die IPC beweer in pleitstukke dat Smith-Howard se versuim om nie van interne kanale gebruik te maak om die kwessie op te los nie, genoegsame rede vir die hof is om die saak van die hand te wys.
“Dit word ontken dat die eiser mondelings uit die IPC geskors is soos sy beweer. Die eiser se bedrywighede was beperk, nes uiteengesit in die brief van die nasionale hoofsekretaris wat die eiser opdrag gegee het om alle bedrywighede namens die respondent te staak. Die eiser het in stryd met die beperking opgetree en pligte hervat,” lui hul pleitsukke.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie