Smith-Howard wil sake laat saamsmelt
Saak uitgestel tot 16 Mei
Die hofgeskil tussen Ciske Smith-Howard en die Independent Patriots for Change duur steeds voort.
Die voormalige voorsitter van die Erongostreekraad, Ciske Smith-Howard, doen tans aansoek in die hoërhof in Windhoek vir die twee sake wat sy teen die Independent Patriots for Change (IPC) aanhangig gemaak het, om saamgesmelt te word.
Partye het Woensdag voor regter Nate Ndauendapo verskyn en die saak is tot 16 Mei uitgestel om die aansoek om samesmelting aan te hoor.
Volgens ’n hofbevel sal Smith-Howard haar betoë voor 9 Mei by die hof indien en die IPC voor 11 Mei.
Die respondente in die twee sake is dieselfde en sluit in die nasionale sekretaris van die IPC, Christine Auchomas, en die Erongostreekraad.
“Die aansoek kom neer op ’n misbruik van die hofproses deurdat twee sake saamgevoeg moet word in omstandighede waar die eiser [Smith-Howard] nie verduidelik waarom sy nie bloot haar eisbesonderhede gewysig het nie, maar eerder nuwe verrigtinge onder ’n ander saaknommer ingestel het,” het Auchomas in ’n onlangse verklaring gesê.
SAKE
Smith-Howard het die eerste saak reeds in Desember 2021 aanhangig gemaak en in dié saak versoek sy dat die hof haar skorsing uit die IPC ongeldig verklaar.
Sy voer aan haar “mondelingse” skorsing uit die party, in Oktober 2021, was nie ingevolge die party se grondwet nie aangesien sy nie in kennis gestel is van enige klagte teen haar soos deur ’n onafhanklike ondersoeker bepaal is nie.
Sy beweer verder sy is nie die geleentheid gegun om te reageer op die aantygings wat gelei het tot haar skorsing nie en dat sy nooit skriftelik van haar skorsing ingelig is nie.
In die ander saak wat sy tans met die bogenoemde saak wil saamvoeg, eis sy meer as N$1,6 miljoen in skadevergoeding van die IPC, Auchomas en die raad.
Smith-Howard sê in haar eisbesonderhede dat sy op 25 November 2020 as IPC-verteenwoordiger op die Erongo-stadsraad verkies is. Sy het die redelike verwagting gehad dat sy haar termyn sou voltooi wat tot November 2025 sou duur, maar op 16 Mei 2022 is haar kontrak met die IPC beëindig en is sy gevolglik as raadslid verwyder.
Sy beweer die IPC se “onwettige optrede” het daartoe gelei dat sy ’n gesamentlike maandelikse vergoeding van altesaam N$1 646 899 – vanaf Mei 2022 tot November 2015 – verloor het en eis dat die IPC dié bedrag aan haar uitbetaal.
Dié saak het Smith-Howard in Junie 2022 by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak.
Die IPC het in sy pleitstukke aangevoer Smith-Howard het nie interne prosedures uitgeput voordat sy die hof genader het nie en dat die saak uitsonderlik op grond daarvan van die hand gewys kan word.
“Die eiser [Smith-Howard] se verwagting om die amp vir die volle termyn te beklee en haar verwagting dat sy sou voortgaan om ’n lid van die IPC te wees ten spyte van haar ongrondwetlike optrede, was onredelik.
“Die eiser het versuim om die voorskrifte van die IPC se grondwet en die waardes wat dit onderskryf, na te kom en het haar lidmaatskap in die proses verloor,” beweer die IPC in hul pleitstukke.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie