Die LGBTQIA+-gemeenskap wag om te hoor of sodomie voortaan steeds onwettig sal wees in Namibië. Foto argief/Iréne-Mari van der Walt
Die LGBTQIA+-gemeenskap wag om te hoor of sodomie voortaan steeds onwettig sal wees in Namibië. Foto argief/Iréne-Mari van der Walt

Sodomiewet: Uitspraak vandag verwag

Iréne-Mari van der Walt
Die LGBTQIA+-gemeenskap landswyd se oë sal vandag gerig wees op die hoërhof in Windhoek, wat na verwagting uitspraak sal lewer in ’n aansoek wat die land se huidige wet teen sodomie uitdaag.

Die LGBTQIA+-aktivis, Friedel Dausab, het die aansoek in Junie 2022 aanhangig gemaak en beweer die wet wat sodomie kriminaliseer, maak inbreuk op mense se reg tot privaatheid en gelykheid.

Dausab het verder in sy aansoek gesê die sodomiewet verbied intieme omgang tussen gay mans wat instemmende volwassenes is.

Die kommissie vir regshervorming het in 2021 twee verslae aan die ministerie van justisie gerig – een van hierdie verslae het aanbeveel dat die verbod op sodomie tot niet verklaar word.

“Dit is van 1927 geërf. . . die sodomiewet beteken nie homoseksualiteit is onwettig nie,” het Linda Baumann van die Trans Intersex Androgen Movement (Tiamon) van Namibië gesê.

“Dié wet het geen plek in ’n vrye Namibië nie. Die hoërhof beslis môre oor die grondwetlikheid van hierdie wet wat gay mans tot agt jaar tronkstraf kan oplê. Tussen 2003 en 2019 was daar 64 arrestasies vir sodomie,” het die organisasie ten bate van minderheidsregte, Sister Namibia, gister op hul sosiale media gedeel.

Die menseregteprokureur Norman Tjombe meen dat vorige uitsprake die weggebaan het om die sodomiewet te skrap.

Hy verwys spesifiek na die definisie van “gade” wat die hooggeregshof beslis het moet eggenote van selfdegeslaghuwelike, wat buite Namibië voltrek is, insluit.

“Met selfdegeslaghuwelike, alhoewel dit beperk is tot huwelike wat in die buiteland voltrek is, sal dit vir die hof baie moeilik wees om voort te gaan met ’n wet wat seksuele omgang tussen instemmende volwassenes verbied,” het hy gesê.

Die organisasie wat LGBTQ+-regte in Namibië ondersteun, Equal Namibia, het soortgelyke sentimente op sosiale media gedeel.

“Dekades van aktivisme en voorspraak van ’n bemagtigde gemeenskap en bondgenote in solidariteit het gelei tot hierdie geskiedkundige oomblik, wat die beskerming van gelykheid en vryheid van diskriminasie vir geslagte van Namibiërs sal bepaal.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A