LGBTQ+-aktivis, mnr. Friedel Dausab. Foto mannschaft/Tobias Sauer.
LGBTQ+-aktivis, mnr. Friedel Dausab. Foto mannschaft/Tobias Sauer.

Sodomiewet word uitgedaag

‘Skend regte, vryhede van gay mans’
'n Saak is onlangs in die hoërhof aanhangig gemaak wat hoop om die wet teen sodomie as ongrondwetlik te laat verklaar.
Kristien Kruger
“Die wette veroorsaak stigma en uitsluiting. Die stigma dra die goedkeuring van die regering op grond van die voortdurende handhawing van sulke wette.”

Só sê ’n kampvegter vir die LGBTQ+-gemeenskap wat poog om die wette teen sodomie en “onnatuurlike” seksuele misdrywe as ongrondwetlik te laat verklaar.

Mnr. Friedel Dausab sê solank as wat hierdie wette van krag is, gooi dit ’n sluier van vrees oor diegene wat uitdrukking wil gee aan hul seksualiteit.

Hy het ’n saak op 27 Junie by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak.

“Hierdie saak handel oor die kriminalisering van konsensuele seksuele dade tussen mans. Ek daag hierdie kriminalisering uit as ongrondwetlik. Dit skend die fundamentele regte en vryhede van gay mans,” lui Dausab se beëdigde verklaring.

Die respondente sluit in die minister van justisie, die minister van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit, die aanklaer-generaal, die minister van verdediging en veteranesake en die prokureur-generaal.

“Alhoewel hierdie wette nie gereeld geïmplementeer word nie, stigmatiseer dit steeds paartjies van dieselfde geslag en verbied hulle mees private en intieme uitdrukkings van hul liefde en identiteit.”

Net drie dae ná Dausab se beëdigde verklaring by die hof ingedien is, het vier van die vyf respondente die hof in kennis gestel van hul voorneme om die saak teen te staan.

SODOMIE

“(Die) sodomie(wet) kriminaliseer konsensuele, nie-kommersiële, private seksuele gedrag tussen volwasse mans. Heteroseksuele omgang per anum val buite die definisie van sodomie en, indien konsensueel, nie-kommersieel en privaat, is dit nie ’n oortreding nie.”

Volgens Dausab sluit die wet van onnatuurlike seksuele misdrywe ’n verskeidenheid seksuele dade in, soos onder meer masturbasie en orale seks, maar is slegs van toepassing op mans.

“Hierdie seksuele dade is nie onwettig as dit tussen ’n man en ’n vrou, of selfs tussen twee vroue plaasvind nie,” benadruk hy in sy verklaring.

ONGRONDWETLIK

Die misdaad van sodomie vorm deel van die gemenereg wat by Namibië se onafhanklikwording van Suid-Afrika oorgeërf is.

In 1998 het die Suid-Afrikaanse grondwethof beslis dat die wetlike misdade van sodomie die regte op gelykheid, waardigheid en privaatheid onder die Suid-Afrikaanse Grondwet skend.

Dausab steun op ses aspekte om die ongrondwetlikheid van hierdie wette te probeer bewys.

Hy beweer dat dié wette mense op grond van hul geslag en seksuele oriëntasie onderskei en is dus teenstrydig met artikel 10 van die Grondwet.

Die ander grondwetlike kwessies sluit in hul reg tot privaatheid en waardigheid, asook hul vryheid van assosiasie en uitdrukking.

Dausab sê die wette het ’n nadelige impak op beleidsbesluite wat die regering neem.

“Die Namibiese Korrektiewe Dienste het byvoorbeeld die wette as rede aangevoer waarom kondome nie aan gevangenes verskaf word nie. Dit ten spyte van die feit dat dit algemeen bekend is dat konsensuele seksuele omgang tussen mans in Namibië se tronke plaasvind,” lui die verklaring.

FRIEDEL LAURENTIUS DAUSAB

Dausab is ’n openlike gay man en weet reeds vanaf die ouderdom van 14 dat hy homoseksueel is.

“Ná jare van onderdrukking het ek uiteindelik vir my familie gesê ek is gay. Hulle was teleurgesteld en het my verwerp.”

Hy vertel hy het jare se vervreemding en isolasie ervaar en het selfs angsaanvalle en depressie beleef.

“Ten spyte hiervan het ek besluit om openlik as ’n gay man te leef en het ek meer as 20 jaar daaraan toegewy om as ’n kampvegter te werk wat probeer om die liefde en ervarings van die LGBTQ+-gemeenskap in Namibië te verbeter.”

Dausab het in 2007 saam met die Rainbow Project gewerk en het die eerste MIV-program vir gay mans en transgendervroue help stig.

In 2010 het hy by Positive Vibes aangesluit om opleidingsmateriaal te vervaardig en opleiding in die veld van MIV-reaksie te lewer.

Hy was ook betrokke by die stigting van OurRight Namibia wat tegniese ondersteuning verskaf en nuwe programme ontwikkel. Hy was vanaf 2017 tot 2019 die uitvoerende direkteur van dié organisasie.

“Alhoewel ek nou openlik gay is, het dit teen ’n prys gekom. Ek staar steeds onverdraagsaamheid en beproewing in die gesig. Ek leef ook elke dag in die skadu van hierdie wette.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Brentford 1 vs 1 West Ham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A