Sokkerspeler pleit skuldig
Boete opgelê vir tref-en-trap
Edmar Kamatuka maak na bewering gereed om binnekort by die Brave Warriors in Ghana aan te sluit.
’n Nasionale sokkerspeler, Edmar Kamatuka, het gister in die landdroshof op Walvisbaai skuldig gepleit op klagte van roekelose bestuur nadat hy voetgangers ernstig beseer het.
Hy is ’n boete opgelê en maak nou glo gereed om by die Brave Warriors in Ghana aan te sluit vir ’n nasionale oefenkamp.
Die CCTV-beeldmateriaal van die voorval is wyd in die sosiale media versprei en in die video kan gesien word hoe Kamatuka agter die stuur van ’n swart voertuig ’n ander voertuig stamp wat by ’n kroeg in die informele nedersetting Tutaleni geparkeer staan.
Verder kan gesien word hoe Kamatuka die voertuig stamp wat veroorsaak dat dié voertuig twee mans tref wat naby die voertuig gestaan het. Die mans is volgens die polisie ernstig beseer.
Kamatuka het na bewering die ongelukstoneel verlaat sonder om die omvang van die skade en die erns van die beserings vas te stel of hulp aan die beseerdes te verleen.
Hy het egter himself later aan owerhede oorgegee.
GHANA
Die oefenkamp in Ghana is ter voorbereiding van die Afrika Nasiebekertoernooi wat in Ivoorkus plaasvind. Daar is tans 28 spelers by die oefenkamp en die groep sal verder gesny word na 23 spelers. –[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie