Spaanse vismaatskappy dagvaar Fishcor-filiaal
Seaflower Whitefish gaan saak teenstaan
Nadat Copemar vir meer as 'n jaar sy vennoot gesmeek het om die lening terug te betaal, het dié Spaanse visgroep die Namibiese howe genader.
Mathias Haufiku
Die verhouding tussen Fishcor se filiaal Seaflower Whitefish en sy vennoot Copemar SA het versuur, met laasgenoemde wat sy Namibiese eweknieë gedagvaar het oor ’n lening van N$51 miljoen wat nooit terugbetaal is nie.
Die twee maatskappye het in ’n gesamentlike onderneming saamgespan en die maatskappy Seacope gestig.
Seaflower Whitefish, waarvan Fishcor die meederheidsaandeelhouer is, besit 51% van Seacope en die Spaanse Copemar die oorblywende 49%.
In Junie 2019 wou die vennote ’n vriestreiler-visservaartuig koop, maar weens finansiële probleme moes Copemar inspring en bykomende finansiering in die vorm van ’n lening verskaf.
Die vaartuig sou Olupale genoem word.
’n Leningsooreenkoms van N$51 miljoen is op 21 November 2019 deur die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, wat Seaflower Whitefish verteenwoordig het en mnr. Alfredo de Calatayud Ojeda wat Copemar verteenwoordig het, onderteken.
Dit was skynbaar Nghipunya se laaste groot kontrak voordat hy in Februarie die volgende jaar in hegtenis geneem is vir sy beweerde betrokkenheid by die Fishrot-skandaal.
Seaflower het egter nie die sperdatum van 4 Julie 2021 vir die terugbetaling gehaal nie.
Nadat Copemar vir meer as ’n jaar sy vennoot gesmeek het om die lening terug te betaal, het die Spaanse visgroep die Namibiese howe genader om ’n bevel te kry om Seaflower te dwing om die aanvanklike lening terug te betaal, plus rente, wat die totale bedrag op N$53,9 miljoen te staan bring.
Ten spyte daarvan dat die geld vir die vaartuig in 2019 betaal is, het dit byna vier jaar later nog nie op Namibiese waters gevaar nie. Die vaartuig is ook nog nie afgelewer nie.
GEBOU MAAR NIE OPERASIONEEL
’n Rolspeler in die vissektor wat met ons susterkoerant Namibian Sun gepraat het, het gesê die spesifikasies vir ’n vissersvaartuig bepaal hoe lank dit neem om gebou te word.
Volgens die kenner hang dit af van die vaartuig se enjinkapasiteit en grootte.
’n Klein vaartuig sal minstens ’n jaar neem om te bou, terwyl groter vaartuie ’n tydperk van minstens twee jaar benodig, het die kenner gesê.
Die uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Clive Gawanab, het kortliks kommentaar gelewer op die regsuitdaging en bevestig dat die maatskappy nog die vaartuig in ontvangs moet neem.
“Die vaartuig is gebou, maar is nog nie operasioneel nie. Daar is kontraktuele kwessies waaroor ek op die oomblik nie kommentaar kan lewer nie. Dit is ’n regsaak met ’n opsie vir ’n skikking,” het hy gesê.
VRIENDELIKE WAARSKUWING
Volgens hofstukke wat Namibian Sun onder oë gehad het, het die vennote ooreengekom dat enige dispuut aan die Spaanse hofstelsel onderwerp moet word.
Ten spyte daarvan wil Copemar nou hê die saak moet in Namibiese howe aangehoor word.
“Ondanks die partye se ooreenkoms om hul dispuut by die howe en tribunale in Madrid voor te lê, behou hierdie agbare hof die diskresie om jurisdiksie te aanvaar en om toe te laat dat hierdie saak in die howe van Namibië beslis word,” lui die hofstukke.
Copemar het gesê Namibiese howe moet jurisdiksie aanvaar om die dispuut te bepaal omdat Seaflower in Namibië geregistreer is.
Op 22 November 2019 het die destyds finansiële hoof van Fishcor, mnr. Paulus Ngalangi, ’n brief aan mnr. Lourens Louw by RMB Namibia se valutabeheer geskryf om goedkeuring te vra dat die lening namens Seaflower Whitefish direk aan die skeepswerf betaal kan word.
Dit, het hy destyds gesê, was om “onnodige interbankkoste te beperk en te vermy”.
“Die verweerder se versuim om die lening terug te betaal, sou – indien die vonnis in Madrid verkry word – die erkenning en afdwinging van sodanige vonnis in die howe van Namibië vereis. Dit sou noodwendig die koste van die partye verhoog, maar veral die verweerder s’n, wat gevolglik – indien hy verkies om die verrigtinge teen te staan – verdere regskoste moet aangaan,” het Copemar in sy hofstukke gedateer 29 Junie 2022 gewaarsku.
Seaflower het sedertdien deur middel van sy prokureur Loini Shikale kennis gegee dat hy die saak gaan teenstaan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie