• Tuisblad
  • Howe
  • Spyseniers weier glo om hospitale te ontruim
Die staatshospitaal op Walvisbaai is een van die hospitale waar Pamo Trading Enterprise spysenieringsdienste verskaf. Foto Facebook
Die staatshospitaal op Walvisbaai is een van die hospitale waar Pamo Trading Enterprise spysenieringsdienste verskaf. Foto Facebook

Spyseniers weier glo om hospitale te ontruim

Kristien Kruger
Die staat het die maatskappy wat maaltye aan vyf staatshospitale in die Zambezi- en Erongostreek verskaf hof toe geneem.

Dié maatskappy weier glo om sy dienste op te skort en die persele te ontruim ondanks die bewering dat hul ooreenkoms vir die voorsiening van kos verstryk het.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het ’n dringende aansoek teen die maatskappy, Pamo Trading Enterprises, aanhangig gemaak en partye het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn.

Die ministerie versoek ’n bevel van die hof wat verklaar dat die ooreenkoms tussen die ministerie en Pamo vir die verskaffing van spysenieringsdienste vir die verskillende fasiliteite in dié twee streke op 31 Julie (gister) verstryk het.

Hulle het verder versoek dat die hof Pamo moet beveel om hul dienste te staak en die persele te ontruim en indien hulle dit nie doen nie, dat die adjunkbalju hulle van die persele moet verwyder.

Die hospitale sluit die hospitale op Katima Mulilo, Omaruru, Usakos, Swakopmund en Walvisbaai in.



OPENBARE BELANG

Die uitvoerende direkteur van gesondheid, Ben Nangombe, het in ’n verklaring gesê Pamo is op 21 Junie ingelig dat hul kontrak op 31 Julie verstryk en hulle het dit glo duidelik gemaak dat hulle nie die persele sal ontruim nie.

“Openbare belang vereis ononderbroke voorsiening van spysenieringsdienste aan pasiënt in die gesondheidsfasiliteit,” het Nangombe beklemtoon en dit as rede aangevoer waarom die hof ’n bevel in hul guns moet uitreik.

Toe Pamo glo ingelig is dat hulle kontrak verstryk, het hulle glo by monde van hulle prokureurs navrae gedoen oor waarom hulle kontrak nie verleng is nie. In ’n latere brief van 20 Julie het hy die beëindiging van sy kontrak sowel as die toekenning van die tender aan ’n ander maatskappy betwis.

Die tender vir die voorsiening van maaltye vir dié vyf hospitale is op 9 Julie aan Nutrifood toegeken en volgens die toekenning moet hulle die dienste op 1 Augustus oorneem.



TEENAANSOEK

Pamo het die dringende aansoek van die ministerie teengestaan en boonop ’n teenaansoek gebring waarin geëis word dat die tendertoekenning hersien en tersyde gestel moet word.

Pamo het verder aangevoer dat die saak geensins dringend is nie.

“Inteendeel, die aansoek is ’n misbruik van prosesse.

“Pamo verskaf ononderbroke maaltye by hierdie gesondheidsfasiliteite. Dit is die applikant [ministerie] wat hierdie deurlopende diens onregmatig wil onderbreek en daarom het hy sy eie dringendheid geskep,” beweer Pamo in sy beantwoordende beëdigde verklaring.

Pamo beweer hy het ’n bestaande kontrak vir die hospitale in die Erongostreek wat glo op 1 Augustus in werking tree en nie gekanselleer is nie.

Dit is glo toegeken ná ’n volledige proses in ooreenstemming met die wet op openbare verkryging en is na bewering nie deur die hersieningspaneel, die ministerie of die hof tersyde gestel nie.

“Wat die applikant [ministerie] dus voorstel, is dat Pamo teen 31 Julie moet ontruim ??en dan op 1 Augustus terug moet wees om sy verpligtinge ingevolge die kontrak na te kom.”

Met betrekking tot Pamo se bedrywighede in die Zambezistreek, beweer hy hulle is tans gekontrakteer om spysenieringsdienste aan die ministerie te verskaf en dat dié kontrak steeds bestaan.

“Die applikant [ministerie] het voorgegee om hierdie kontak te beëindig, maar het dit in stryd met die bepalings van die kontrak gedoen,” beweer Pamo in sy verklaring.



KATUTURA

’n Soorgelyke voorval het verlede jaar by die Katutura-staatshospitaal in Windhoek plaasgevind.

Pamo het geweier om die kombuis by die fasiliteit te ontruim en plek te maak vir die maatskappy wat veronderstel was om by hulle oor te neem – weer eens Nutrifood.

Pamo se werknemers is op 1 Junie toegang tot die perseel geweier en Nutrifood het die kombuisgeriewe oorgeneem.

Pamo het daarna die hof genader en beweer dat die ministerie nie gemagtig was om hulle, wat destyds die spyseniers van die Katutura-staatshospitaal was, te verbied om die perseel te betree nie. Hulle het verder aangevoer dat hul kontrak tot 30 Augustus 2023 geldig was.

“Dit is duidelik die respondente [ministerie] het die applikante [Pamo] onwillekeurig en onregmatig toegang tot die perseel geweier.

“Ek is dus tevrede dat die applikant onregmatig van sy besit van die perseel ontneem is,” lui die hofuitspraak met betrekking tot Pamo se aansoek wat op die regsbeginsel van spoliasie gegrond was.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal | Real Betis 2 vs 0 Leganés SerieA: Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United Katima Mulilo: 22° | 40° Rundu: 20° | 40° Eenhana: 17° | 35° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 20° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 10° | 31° Windhoek: 10° | 28° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:42, High tide: 06:54, Low Tide: 01:25, High tide: 19:15 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 33km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:52, Low Tide: 01:23, High tide: 19:13 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:51, Low Tide: 01:23, High tide: 19:12 Rehoboth: 8° | 26° Mariental: 11° | 27° Keetmanshoop: 11° | 26° Aranos: 10° | 28° Lüderitz: 10° | 22° Ariamsvlei: 11° | 27° Oranjemund: 11° | 17° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 23° | 35° Lubumbashi: 16° | 38° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 20° Antananarivo: 9° | 27° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 30° Windhoek: 10° | 28° Cape Town: 11° | 17° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 22° | 35° Harare: 19° | 31° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.63 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.63 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1645.13 | USD to ZAR 17.64 | USD to ZMW 26.47 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 580.15/OZ UP +0.04% | Copper US$ 4.24/lb UP +1.05% | Zinc US$ 2 961.30/T UP 0.23% | Brent Crude Oil US$ 73.15/BBP UP +1.58% | Platinum US$ 983.27/OZ DOWN -0.0116 Sport results: Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal | Real Betis 2 vs 0 Leganés SerieA: Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United Weather: Katima Mulilo: 22° | 40° Rundu: 20° | 40° Eenhana: 17° | 35° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 20° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 10° | 31° Windhoek: 10° | 28° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:42, High tide: 06:54, Low Tide: 01:25, High tide: 19:15 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 33km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:52, Low Tide: 01:23, High tide: 19:13 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:51, Low Tide: 01:23, High tide: 19:12 Rehoboth: 8° | 26° Mariental: 11° | 27° Keetmanshoop: 11° | 26° Aranos: 10° | 28° Lüderitz: 10° | 22° Ariamsvlei: 11° | 27° Oranjemund: 11° | 17° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 23° | 35° Lubumbashi: 16° | 38° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 20° Antananarivo: 9° | 27° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 30° Windhoek: 10° | 28° Cape Town: 11° | 17° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 22° | 35° Harare: 19° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.63 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.63 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1645.13 | USD to ZAR 17.64 | USD to ZMW 26.47 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 580.15/OZ UP +0.04% | Copper US$ 4.24/lb UP +1.05% | Zinc US$ 2 961.30/T UP 0.23% | Brent Crude Oil US$ 73.15/BBP UP +1.58% | Platinum US$ 983.27/OZ DOWN -0.0116