Staat moet wéér opdok vir mediese nalatigheid
Baba doodgebore in staatshospitaal
Die hof het bevind 'n egpaar kon bewys dat die hospitaal se fout waarskynlik hul verlies veroorsaak het.
Nadat hul babadogtertjie sowat drie jaar gelede in Otjiwarongo se staatshospitaal doodgebore is, het die hoërhof in Windhoek beveel dat die staat N$1,2 miljoen aan Yvonne Pollmann en haar man, Jacques, moet betaal.
Dit is slegs een van talle hofsake teen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste wat op mediese nalatigheid gebaseer is.
Die egpaar het die saak in Maart 2023 aanhangig gemaak en het aanvanklik N$4 miljoen se skadevergoeding van die staat en twee dokters – dr. Biti en dr. Felix Mutombo – geëis.
Regter Beatrix de Jager het Vrydag in die hoërhof in Windhoek ten gunste van die egpaar beslis en beveel dat die gesondheidsministerie N$700 000 aan Yvonne moet betaal en N$500 000 aan Jacques vir die pyn en lyding wat hulle verduur het.
GEBEURE
Yvonne het in haar eisbesonderhede aangevoer dat sy op 6 Maart 2022, toe sy hoogswanger was en erge buikpyn ervaar het, in die Otjiwarongo-staatshospitaal se kraamsaal opgeneem is.
Sy beweer die dokters en verpleegsters, wat verantwoordelik was vir die monitering van haar en haar ongebore kind, het die keisersnee met meer as 12 uur vertraag.
“Ek is aangesê om niks te eet of te drink nie, en geen sonar is gedoen sedert ek opgeneem is nie. Die verpleegsters en dokters het my en my man se pleidooie vir ’n noodkeisersnee geïgnoreer,” lui Yvonne se verklaring.
Yvonne se baba het na bewering in haar buik versmoor en is gevolglik doodgebore.
“Sy het verstikking, perinatale versmoring en breinskade opgedoen.”
’n Mediese dokter, dr. Varnia Wicomb, het tydens die verhoor getuig. Sy het daarop gewys dat Yvonne 40 weke swanger was ten tyde van die voorval.
“Yvonne was ’n hoërisiko-pasiënt omdat sy van ’n gevorderde moederouderdom was. Die intra-uteriene dood van haar baba is ’n mediese tragedie.
“Swak besluite is geneem vanaf die voorgeboortelike bespreking tot die induksie van kraam en die tydsberekening van die noodkeisersnee,” het sy gesê.
Jacques, wat ook in die saak getuig het, het aan die hof gesê dat hy 16 keer by dr. Biti gepleit het om na sy vrou om te sien.
“Die dokters en verpleegsters het ons heeltyd aangemoedig om geduldig te wees en het verduidelik aangesien dit my vrou se eerste kind was, sy nog nie gewoond aan kraampyne was nie.”
UITSPRAAK
De Jager het in haar uitspraak bevind dat Wicomb se deskundige mening aanvaar word en die medikasie wat aan Yvonne gegee is, oormatige kontraksies veroorsaak het wat tot ’n suurstoftekort vir die baba en uiteindelik tot haar dood gelei het.
Sy het bevind die egpaar kon bewys dat die hospitaal se fout waarskynlik hul verlies veroorsaak het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie