Moordbeskuldigdes mnre. Marcus Thomas (links) en Kevan Townsend. Foto Argief.
Moordbeskuldigdes mnre. Marcus Thomas (links) en Kevan Townsend. Foto Argief.

Staat vra vir uitstel in Heckmair-saak

Laaste getuie tot 11 Maart afgeboek
Die binneverhoor is tot 22 Maart uitgestel weens die laaste getuie wat nie tans beskikbaar is nie
Stefan Noechel
In die saak waar twee Amerikaanse burgers tereg staan op die moord van mnr. André Heckmair, het die staatsaanklaer Antonia Verhoef Dinsdag vir uitstel gevra.

Die rede vir die uitstel is dat die laaste getuie vir die binneverhoor nog nie ten volle herstel het ná ’n nekoperasie nie.

Die Republikein se susterkoerant Allgemeine Zeitung berig die getuie, wat as Christopher Namboga geïdentifiseer is, is op 2 Februarie geopereer en sy dokter het hom tot 11 Maart afgeboek.

Beide die beskuldigdes se regsverteenwoordigers, me. Laura Pack en mnr. Mbanga Siyomuinji, het die aansoek om uitstel teengestaan en beweer die staat gebruik dit as ’n vertragingstegniek.

Verhoef het aan regter Christie Liebenberg gesê dit is sedert die aanvang van die verhoor slegs die tweede keer wat sy aansoek om uitstel vra.

Die binneverhoor handel oor die toelaatbaarheid van bewyse wat die polisie sonder 'n lasbrief op beslag gelê het nadat die twee verdagtes in hegtenis geneem is.

VERTRAGINGS IN VERHOOR

Die verhoor het reeds in 2014 begin en die meeste vertragings is deur een van die beskuldigdes, mnr. Marcus Thomas, veroorsaak.

Thomas het al verskeie kere van regsverteenwoordigers verander. Nuwe verteenwoordigers moes elke keer versoek dat die saak uitgestel word sodat hulle deur die lywige hofdossier kon gaan en vir die verhoor voorberei.

Die binneverhoor sal op 22 Maart hervat. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!