Staat wil oudlanddros se kwytskelding appelleer
Aansoek om uitspraak in hooggeregshof uit te daag
Liwena Mikiti is verlede jaar kwytgeskeld op aanklagte wat verband hou met bewerings dat hy 'n versekeringsmaatskappy bedrieg het.
In die hofsaak waarin ’n oudlanddros onskuldig bevind is op aanklagte van onder meer bedrog en vervalsing, doen die staat aansoek om verlof tot appèl.
Liwena Mikiti is in Oktober 2024 onskuldig bevind nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n versekeringsmaatskappy bedrieg het deur valslik te beweer sy motor is ná ’n ongeluk afgeskryf.
Partye het Vrydag voor regter Eileen Rakow in die hoërhof in Windhoek verskyn vir die aanhoor van die staat se aansoek om verlof tot appèl sodat hulle die onskuldigbevinding in die hooggeregshof kan uitdaag.
AGTERGROND
In die verhoor wat in November 2019 begin het, het die staat aangevoer dat Mikiti op 13 Junie 2014 met sy 2009-model Mercedes Benz-voertuig in ’n botsing naby Oshakati betrokke was.
Die botsing het glo relatief min skade aan Mikiti se voertuig veroorsaak en hy kon na bewering steeds met sy voertuig van die ongelukstoneel wegry.
Mikiti het daarna ’n eis by sy versekeringsmakelaars en Santam Insurance Namibia ingedien en hy het glo aangedui dat die ongeluk op 14 Junie 2014 plaasgevind het. Hy het glo ook daarin gesê sy voertuig was ’n 2010-model en dat dit tydens die ongeluk ernstig beskadig is en afgeskryf moes word.
Santam het ’n bedrag van N$234 555 aan Mikiti uitbetaal as gevolg van die eis wat hy ingedien het.
Met betrekking tot die aanklag van vervalsing, het die staatsaanklaer beweer dat Mikiti ’n geskrewe verslag oor die ongeluk van 13 Junie 2014 verander het voordat hy die verslag en sy versekeringseis aan sy versekeringsmakelaars en Santam voorgelê het.
VERHOOR
Mikiti het tydens die verhoor skuld op al die aanklagte waarop hy tereg gestaan het, ontken. Dit sluit in bedrog, diefstal, vervalsing, geldwassery en oortredings ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerder misdaad.
Dertien staatsgetuies het tydens Mikiti se verhoor getuig. ’n Man wat ’n paneelklopwinkel by Ongwediva het, het aan die hof gesê het dat Mikiti sy motor op 13 Junie 2014 na hom gebring het vir herstelwerk.
Die enigste skade aan die motor was glo ’n stamp aan sy agterbuffer. Die getuie het ook gesê Mikiti het sy motor sowat 'n week later gaan haal, maar het ongeveer twee uur later gebel en vir hom gesê hy was in nog ’n ongeluk betrokke en moet sy voertuig na Tsumeb laat sleep. Die getuie het gesê toe hy Mikiti se motor daarna sien, was die voorkant daarvan baie beskadig gewees.
KWYTSKELDING
Rakow het gesê daar is geen bewyse wat toon dat Mikiti die persoon was wat die datum van die ongeluk en die jaarmodel van sy motor op die ongeluksverslag wat aan sy versekeringsmakelaars oorhandig is, verander het nie.
Daar was ook geen bewyse dat hy geweet het die dokument is verander nie, het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie