‘Stinkwater-skieter’ agter tralies
Mnr. Edward Rooi (57), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vervreemde vrou en dogter Saterdag by Stinkwater naby Dordabis doodgeskiet het, is in aanhouding in die Windhoek Sentrale Gevangenis en sal na verwagting op 27 Januarie 2023 weer in die hof verskyn.
Staatsaanklaer Edel Upindi het borgtog vir Rooi teengestaan, aangesien die polisieondersoeke nog in ‘n vroeë stadium is. Hy het ook aangevoer die beskuldigde het al vantevore selfdoodneigings getoon en moet dus gemonitor word. Die saak is aangehoor deur landdros Dawid Mukuyu
Die oorledenes is geïdentifiseer as die 56-jarige me. Meggie Rooi en die 30-jarige me. Goldie Landsberg, die dogter. Twee ander mense is ook geskiet, maar is net gewond.
Een van die gewondes – wat vier keer geskiet is – is glo mnr. Willem Cloete, wat na bewering ‘n romantiese verhouding met die verdagte se vrou gehad het. Me. Silvia Kotze, wat bloot ‘n omstander was, is een keer in die bobeen geskiet.
Rooi het na bewering ook op die polisiebeamptes op die toneel geskiet en die voorruit van een van die polisievoertuie gebreek.
Rooi het gisteroggend net voor sy eerste hofverskyning aan verslaggewers gesê hy het berou oor sy optrede en voel aaklig oor die voorvalle. Hy het bygevoeg hy kan nie verduidelik hoe hy beheer oor homself verloor het nie.
Die beskuldigde staan tereg op agt klagte – twee van moord, vier van poging tot moord en twee klagte van opsetlike beskadiging van eiendom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie