Strawwe vonnis vir gruwelike brandmoord
‘Aaklig, wreed en harteloos’
Manfred Links van Ariamsvlei is tot 28 jaar tronkstraf gevonnis.
Die man wat in 2020 petrol op sy meisie en hul 13 maande oue baba uitgegooi en hulle aan die brand gesteek het, is gister tot 28 jaar tronkstraf gevonnis.
“Vyf jong kinders is sonder die liefde en sorg van hul ma gelaat en dit sal vir die jongste een waarskynlik nog moeiliker wees, aangesien sy die ekstra las het van die wete dat haar eie pa ook haar lewe sou prysgee net om op haar ma wraak te neem,” het regter Christie Liebenberg in sy uitspraak gesê wat gister in die hoërhof in Windhoek gelewer is.
Manfred Links van Ariamsvlei is in Maart vanjaar skuldig bevind op die een klag van moord en poging tot moord nadat hy op 1 Januarie 2020 petrol op die oorledene, Michelle Roelph, gegooi het terwyl sy die baba in haar arms gehad het.
Nadat Links die twee aan die brand gesteek het, het Roelph hul baba op die grond gegooi.
Die baba het minimale brandwonde opgedoen en het die voorval oorleef. Meer as 80% van Roelph se liggaam was met brandwonde bedek en sy het 12 dae ná die voorval in die hospitaal aan nierversaking beswyk wat glo deur die brandwonde veroorsaak is.
“Dis ondenkbaar hoeveel pyn die oorledene moes gely het gedurende daardie 12 dae voor haar dood. Dit was nie net aaklig, wreed en harteloos nie; dit was boonop heeltemal onnodig.”
Links en Roelph het glo die oggend van die voorval baklei waartydens Roelph hom na bewering met ’n skêr in sy arm gesteek het. Links het tydens die verhoor gesê hy het die petrol gaan koop met die bedoeling om haar persoonlike besittings brand te steek.
“’n Verswarende faktor is dat die beskuldigde nie op die ingewing van die oomblik opgetree het nie, maar dat sy optrede ’n mate van beplanning vereis het met die vooruit aankoop van die petrol,” meen Liebenberg in sy uitspraak.
VONNISOPLEGGING
Volgens Liebenberg se uitspraak het hy tydens die vonnisoplegging Links se persoonlike omstandighede in ag geneem.
Hy het daarop gewys dat Links ’n eerste oortreder is en dat hy tydens die verhoor aan die hof en die oorledene se familie verskoning gevra het. Liebenberg meen dat Links opreg berou getoon het.
Ten opsigte van die moordklag is Links tot 28 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is ’n bykomende ses jaar tronkstraf opgelê in verband met die klag van poging tot moord, maar ingevolge Liebenberg se hofbevel, sal dié ses jaar samelopend met die vonnis vir die moordklag uitgedien word. Daarom sal Links effektief 28 jaar agter tralies spandeer.
“Die samelewing stel eise vir die oplegging van strawwer vonnisse teen oortreders soos dié beskuldigde wat genadeloos teen sy meisie gedraai het omdat hy gefrustreerd was met haar en haar in die proses vermoor het.
“Sulke gruwelike gedrag sal nie deur die howe geduld word nie en ’n toepaslike vonnis moet opgelê word. In dié geval is ’n lang, strawwe vonnis gepas,” het Liebenberg gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie