Streekhowe sal egskeidings kan hanteer
Namibië se hoofregter, Peter Shivute, sê die doeltreffendheid, professionaliteit en regverdigheid wat in howe vertoon word, vorm die publiek se opvatting van geregtigheid.
Met verwysing na die belangrikheid van laer howe, het Shivute gesê: “Vir die meerderheid van ons burgers is hul eerste ontmoeting met die regstelsel deur die laer howe.”
Die hoofregter was aan die woord tydens die opening van vanjaar se landdroskonferensie in Swakopmund. Die tema van die konferensie “Fostering a Unified Magistracy” het gefokus op die deurslaggewende rol van laer howe in die regstelsel, met Shivute wat die behoefte aan eenvormigheid in hofadministrasie aangespreek het.
Shivute het verwys na die naderende bekendstelling van nuwe egskeidingswetgewing wat streekhowe in staat sal stel om oor egskeidingsverrigtinge te beslis.
“Die betrokke wet is onlangs gewysig om die magte aan die landdroste op streekhofvlak te gee om ook egskeidings aan te hoor. Andersins word hierdie sake op die oomblik eers in die hoërhof aangehoor tot wanneer die wet in werking tree,” het hy gesê.
Hy het ’n beroep op beleidmakers en diegene in ’n magsposisie gedoen om te verseker dat voldoende hulpbronne tot die regbank se beskikking gestel word sodat dit die kapasiteit kan bou om hierdie wette wat deur die wetgewer aan hom toevertrou is, te implementeer.
Voorheen is egskeidingsake uitsluitlik deur die hoërhof hanteer, wat gelei het tot verlengde wagperiodes en verhoogde regskoste vir individue wat hul huwelike wou ontbind. Die wysiging sal na verwagting die agterstand by hoër howe verlig en die egskeidingsproses vir talle inwoners meer vaartbelyn maak.
“Hierdie verandering sal nie net die druk op ons hoër howe verminder nie, maar sal ook plaaslike landdroste bemagtig om hul gemeenskappe meer doeltreffend te dien,” het hy gesê.
Te midde van toenemende uitdagings, insluitend verhoogde werkladings, het die hoofregter landdroste aangemoedig om saam te werk aan doeltreffende strategieë om hierdie eise te bestuur, terwyl geregtigheid “tydig, toeganklik en regverdig” bly.
Shivute het gesê eenvormigheid moet verder strek as regsbeamptes tot alle hofprosesse.
“Die geregtigheid wat in een hof gelewer word, moet die geregtigheid weerspieël wat in ’n ander gelewer word. Dit is nie net ’n kwessie van gerief nie, dis ’n kwessie van geregtigheid self,” het hy gesê.
Hy het beklemtoon ’n eenvormige landdrosmag is noodsaaklik vir die bou en instandhouding van openbare vertroue in die regstelsel.
Shivute het sy waardering uitgespreek vir die harde werk en toewyding van landdroste en die uitdagings erken wat hulle in die gesig staar.
“Sommige van julle reis na die verste uithoeke van ons land om gemeenskappe te dien wat andersins beperkte toegang tot die regstelsel sou hê.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie