Die Omaheke-streekraad se kantoor op Gobabis. Foto Twitter
Die Omaheke-streekraad se kantoor op Gobabis. Foto Twitter

Streekraad skuld man glo N$1,2 m.

Kristien Kruger
’n Inwoner van Gobabis eis sowat N$1,2 miljoen van die Omaheke-streekraad ná beweerde kontrakbreuk.

Jackson Mbaisa het in Februarie vanjaar die raad hoërhof toe gesleep en beweer die raad is aanspreeklik vir die geldelike verlies wat hy gely het weens dié kontrakbreuk.

Volgens Mbaisa se verklaring het hy en ’n verteenwoordiger van die raad, Pecka Semba, in September 2019 ’n kontraktuele ooreenkoms vir spysenieringsdienste vir die Morukutu Community Hostel aangegaan.

Die kontrak was geldig tot Desember 2020 en ingevolge die kontrak moes Mbaisa glo kos aan die koshuis verskaf en sou maandeliks vergoed word.

Mbaisa het die dienste verskaf en is daarvoor vergoed vir die tydperk van die kontrak. Partye het volgens Mbaisa op 28 Mei 2020 ’n nuwe ooreenkoms onderteken om die kontraktuele verbintenis tot 31 Desember 2022 te verleng. Die kontrak is egter gekanselleer voor die kontrakperiode verstryk het.

“Die verweerder [die Omaheke-streekraad] se optrede is teenstrydig met die kontrak deurdat die ooreenkoms in Januarie 2022 onregmatig gekanselleer is sonder om behoorlik kennis aan die eiser [Mbaisa] te gee en sonder dat die eiser die geleentheid gebied is om enige gedrag wat moontlik tot die kansellasie gelei het, te verduidelik.

“Hierdie kontrak is daarna aan ’n derdepartymaatskappy toegeken,” lui Mbaisa se verklaring.

Mbaisa beweer die streeksraad is daarom sowat N$1,2 miljoen aan hom verskuldig vir die tydperk vanaf Januarie 2022 tot 31 Desember 2022 weens kontrakbreuk.

Die raad het reeds die hof ingelig van sy voorneme om die saak teen te staan. Partye het verlede week voor regter Eileen Rakow in die hoërhof in Windhoek verskyn vir voorverhoorverrigtinge en die partye het voorgestel dat die raad voor 8 Mei sy pleitstukke by die hof indien.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!