• Tuisblad
  • Howe
  • Stryd oor kurators van Fishrot-bates nader einde

Stryd oor kurators van Fishrot-bates nader einde

Kristien Kruger
Fishrot-bates: Stryd oor kurators nader einde

Die hof sal binnekort uitspraak lewer in die saak oor die aanstelling van nuwe kurators verantwoordelik vir die bestuur van die Fishrot-beskuldigdes se bates wat bevries is.

Dit volg nadat die bekende likwidateurs, David Bruni en Ian McLaren, as die kurators van dié betrokke bates onttrek het. Een van die redes hoekom hulle onttrek het, was die talle frustrasies en struikelblokke wat hulle ervaar het in die administrasie van die bates.

Regter Orben Sibeya het die onttrekking in Augustus verlede jaar toegelaat en beveel dat hulle aanstelling tot ’n einde sal loop wanneer nuwe kurators aangestel word.

Partye het verlede week in die hoërhof in Windhoek verskyn vir die lewering van betoë oor die aanstelling en die saak is tot 19 Februarie uitgestel vir uitspraak oor die kwessie.

Die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, stel voor dat twee Suid-Afrikaanse kurators, Johan Engelbrecht en Coenraad Stander, aangestel word.

Drie van die Fishrot-beskuldigdes, naamlik Sacky Shanghala, James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo, is gekant teen die aanstelling van die twee Suid-Afrikaners en vra die hof om eerder die Namibiërs, Harald Hecht en Pierre Knoetze, as kurators aan te stel.

Hatuikulipi het in ’n beëdigde verklaring aangevoer dat die aanstelling van kurators wat in Suid-Afrika gebaseer is, die administrasiekoste van die bevriesde bates sal verhoog. Hy het ook gesê dit sal “’n ernstige en ongeregverdigde afwyking” wees van die praktyk dat Namibiese kurators in die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca)-sake aangestel word.

Hy beweer dat die kurators se take meer doeltreffend en vinniger uitgevoer kan word deur individue van ’n plaaslike firma soos PKF Financial Consulting Services, waar albei Harald Hecht en Pierre Knoetze direkteure is.

Imalwa het in November 2020 aansoek gedoen dat die Fishrot-beskuldigdes se bates – wat sy beweer opbrengste van kriminele aktiwiteite was – bevries moet word, waarna die hof ’n beperkingsbevel uitgereik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!