Strydom-moordsaak van rol geskrap
'n Aanklag van moord teen 'n man wat daarvan verdink word dat hy sy vrou vermoor het, is Donderdag teruggetrek.
Nikanor Nangolo - 'n Aanklag van moord teen die 47-jarige Coenraad (Coenie) Strydom is die afgelope Donderdag in die landdroshof op Walvisbaai teruggetrek. Strydom is destyds in hegtenis geneem nadat hy daarvan beskuldig is dat hy in 2021 sy vrou, Engela Strydom, in die kop geskiet het.
Landdros John Sindano die saak teen Strydom teruggetrek nadat die staat versuim het om 'n uitstaande en lank agterstallige forensiese ontleding te lewer.
Volgens staatsaanklaer Annakleta KandjimiIt is daar vantevore in die hof vermeld dat 'n forensiese ontleding nog gelewer moes word. "Ons het inligting ontvang dat dit binne tien dae gedoen sou word."
Kandjimilt het gesê die staat wou die saak tot 31 Mei uitstel in afwagting op 'n beslissing deur die aanklaer-generaal. Die saak was in Desember verlede jaar voor die hof en is egter vir 'n laaste keer uitgestel, hangende die aanklaer-generaal se beslissing. "Ons het 'n brief ontvang van advokaat Antonia Verhoef, wat die saak hanteer, en op grond daarvan het ons ooreengekom op borgtogvoorwaardes."
Strydom se prokureur, Evert Gous, het gesê sy kliënt moes aanvanklik in 2021 in die hof verskyn, maar dat die saak uitgestel is en hulle nou moes hoor dat uitstel van nog vier maande gevra is. Hy het daarop gewys dat die hof op 31 Oktober 2021 gesê het die saak sou binnekort deel vorm van sloerende sake wat al meer as een jaar op die hofrol is. “Die verrigtinge is finaal vir verdere forensiese toetse uitgestel en die versuim om resultate te lewer sou daartoe lei dat die saak van die rol geskrap word.”
Die saak is herhaaldelik uitgestel weens toetse vir kruitresidu - van monsters wat van Strydom se hande geneem is - wat herhaaldelik nie gedoen kon word nie.
'ONAANVAARBAAR'
Gous het bygevoeg dit is onregverdig dat die beskuldigde, wat in Mariental woon en na Walvisbaai moet reis vir die hofverrigtinge, telkens moet hoor dat die saak weer vir verdere ondersoek uitgestel moet word. "Dit is totaal onaanvaarbaar, 16 maande later was die ondersoeke steeds nie afgehandel nie. Hy was vir tien maande in aanhouding. Nog uitstel van vier maande kan nie die pad vorentoe wees nie. Ek staan verdere uitstel teen en verwys na die hofuitspraak van 31 Oktober 2021," het Gous gesê en verwys na die Namibiese grondwet, waarvolgens 'n hofsaak binne 'n redelike tyd afgehandel word en dat versuim in dié verband daartoe sal lei dat die beskuldigde vrygelaat word.
AGTERGROND
Strydom het sy eerste hofverskyning gemaak op aanklag van moord, saamgelees met die wet op gesinsgeweld, nadat hy na bewering sy vrou van agter af met ‘n 9 mm-vuurwapen in die kop geskiet het.
Ná die skietvoorval is die oorledene glo deur paramedici behandel en hospitaal toe geneem onder die dekmantel dat sy selfdood gepleeg het. Die voorlopige polisieondersoek het egter aangedui die oorledene is van agter af met ’n 9 mm-vuurwapen in die kop geskiet. Die wapen is onder ‘n kussing gevind, terwyl vier leë koeëldoppies op die misdaadtoneel gevind is.
Die egpaar is op 4 Julie 2021 getroud nadat hulle in 2019 ontmoet het. Engela, ’n ma van twee, was die eienaar van Sefco Property Managers in Walvisbaai en was sedert 1994 'n eiendomsagent.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie