Strzelecki-moordenaars hoor amper hul lot
Vonnisoplegging op 9 Desember
Die staat het voorgestel dat beide mans 'n vonnis van 30 jaar opgelê word.
Die twee mans wat skuldig bevind is op die moord van die 79-jarige Roswitha Strzelecki wat in 2017 tydens ’n huisinbraak in Swakopmund verwurg is, het Woensdag in die hoërhof in Windhoek verskyn vir finale betoë voor vonnisoplegging.
Fabianus Lazarus en Simon Shidute is ook skuldig bevind op een klag van aanranding op Siegfried Strzelecki (81), wat etlike dae ná die aanval in die hospitaal aan ’n aneurisme dood is.
Hulle is ook skuldig bevind aan regsverydeling, roof met verswarende omstandighede en sameswering.
Die twee mans sal hul vonnis op 9 Desember aanhoor.
SLOTBETOË
Die staatsaanklaer, mnr. Tangeni Itula, het die erns van die oortreding uitgelig.
“Die bejaarde vrou was vasgebind en haar mond was met kleefband [Sellotape] toegeplak. Toe sy steeds geweier het om stil te bly, het hulle haar verwurg. Dit is ’n verskriklike manier om dood te gaan,” het Itula tydens sy betoë gesê.
Itula meen ’n strawwe vonnis is in hierdie geval onvermydelik. Alhoewel Lazarus en Shidute se regsverteenwoordigers vonnisse van 15 en 18 jaar tronkstraf voorgestel het, was Itula van mening dat dié voorstelle tekort skiet aan die norm van hierdie hof. Hy het voorgestel dat beide mans gevangenisstraf van 30 jaar opgelê word.
VERSAGTENDE FAKTORE
Lazarus se verteenwoordiger, mnr. Milton Engelbrecht, het gister gesê Lazarus kan nie dieselfde vonnis as sy medebeskuldigde opgelê word nie en dat regter Christie Liebenberg sy minimale aandeel in die moord in ag moet neem.
Hoewel Lazarus nie die een was wat Roswitha verwurg het nie, het hy haar vasgehou en toegekyk hoe sy verwurg word.
Lazarus het Dinsdag die getuienisbank ingeneem en ter versagting van vonnis getuig. Hy het gesê hy simpatiseer met die oorledenes se familie, maar dat hy onskuldig is.
Liebenberg het tydens Engelbrecht se betoë uitgewys aangesien sy kliënt nie skuld erken het nie, hy nie berou toon vir wat hy gedoen het nie en is daarom nie ’n versagtende faktor nie.
Shidute het geensins ter versagting van sy vonnis getuig nie en slegs sy verteenwoordiger, mnr. Tjingairi Kaurivi, het namens hom betoë gelewer.
Die feit dat Shidute nie die getuienisbank ingeneem het om in persoon sy berou te toon nie, is volgens die staat nadelig vir sy saak.
Shidute se berou kan op grond daarvan nie as ’n versagtende faktor in ag geneem word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie