Strzelecki-moordenaars kry 33 jaar
Die twee mans wat onlangs skuldig bevind is aan die moord op me. Roswitha Strzelecki (79) tydens ’n huisinbraak in 2017 op Swakopmund, is gister beide tot 33 jaar tronkstraf gevonnis.
Regter Chistie Liebenberg het tydens Fabianus Lazarus en Simon Shidute se vonnisoplegging in die hoërhof in Windhoek gesê die mans het waarskynlik ’n gesamentlike doelwit gehad toe hulle die moord gepleeg het.
“Dit kom voor of die beskuldigdes ’n motief gehad het om hulself te verryk.”
VONNISOPLEGGING
Op die klag van moord het Liebenberg beide mans 28 jaar tronkstraf opgelê. Beide is tot tien jaar tronkstraf gevonnis op die klag van roof waarvan vyf jaar samelopend met die vonnis vir die klag van moord uitgedien sal word.
Hoewel die beskuldigdes tot ’n bykomende drie jaar tronkstraf vir sameswering, ses maande vir aanranding en twee jaar vir regsverydeling gevonnis is, sal die bogenoemde samelopend met die vonnis vir die moordklag uitgedien word.
Lazarus is ook apart skuldig bevind op ’n klag van diefstal en daarvoor is hy nog een jaar tronkstraf opgelê, wat ook gelyktydig met die moordklag uitgedien sal word.
Aangesien die res van die vonnisse samelopend met dié van die moordklag uitgedien sal word, sal beide net 33 jaar van hul 43 en ’n half jaar (Shidute) en 44 en ’n half jaar (Lazarus) vonnisse agter tralies deurbring.
MEDEBESKULDIGDE STEEDS SOEK
Die klag in verband met die moord op mnr. Siegfried Strzelecki (81), is tydens skuldigbevinding in Oktober vanjaar versag tot ’n klag van aanranding.
Siegfried is dae ná die voorval aan ’n aneurisme dood. Die klag is versag omdat die staat nie die verband tussen die aanval en Siegfried se dood kon bewys nie.
Shidute en Lazarus se medebeskuldigde, mnr. Daniel Stephanus Nghilifa, is steeds op vrye voet nadat hy in 2019 uit aanhouding ontsnap het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie