Strzelecki-moordsaak staan einde se kant toe
Saak hervat vandag
Die verhoor waarin twee mans beskuldig word van die moord op 'n bejaarde egpaar van Swakopmond, se einde is in sig.
Meer as vyf jaar ná die aanval op die bejaarde Strzelecki-egpaar in hul huis op Swakopmund, sal daar na verwagting vandag finale betoë in die saak gelewer word.
Dít ná een van die beskuldigdes, mnr. Fabianus Lazarus, se laaste getuie verlede week aangedui het sy is nie meer bereid om te getuig nie. As gevolg van haar onttrekking moes Lazarus se regsverteenwoordiger sy saak afsluit.
Mnre. Simon Shidute Jerobeam en Lazarus staan op klagte van moord en huisbraak tereg nadat hulle na bewering die egpaar se woning in Swakopmund met ’n spaarsleutel binnegegaan en me. Rosvietha Sieglinde Strzelecki (79) verwurg het.
Die derde beskuldigde, mnr. Daniel Stefanus, het in Februarie 2019 uit polisieaanhouding ontsnap en is nog nie weer vasgetrek nie.
Mnr. Siegfried Strzelecki (81) is ook beseer toe hy na bewering die rowers betrap het en is dae later in die hospitaal dood.
Regter Christie Liebenberg het gevra dat die regsverteenwoordigers in hul finale argumente moet fokus op die verband tussen Siegfried se dood en die beserings wat hy tydens die beweerde rooftog opgedoen het.
Die beskuldigdes het na bewering voor die insident opknappingswerk by die Strzelecki-woning gedoen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie